HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 7 VAN 36

 

Doelwitte Vermeerder Jou Geloof 

 

Elke keer wanneer jy 'n doelwit stel, sê jy inderwaarheid: "Ek glo God wil hê dat ek dit teen 'n sekere datum bereik" en dit is 'n verklaring van geloof.

Indien jy 'n groot doel stel, sal God op 'n groot manier werk. Indien jy 'n medium-grootte doelwit stel, sal God in dieselfde mate werk. As jy 'n geringe doel stel, sal God in 'n geringe mate werk.

Jy kan dus sien hoe doelwitte jou geloof vermeerder. Hulle bevestig dat jy God vertrou, maar hulle is ook verklarings van hoeveel jy God vertrou. Die Bybel sê: "Soos julle geglo het, sal dit vir julle gebeur" (Matteus 9:29b NLV).

Dit beteken dat geen doel eintlik 'n doel by verstek is. Met ander woorde, as jy nie 'n doel stel nie, het jy al klaar een gestel, en daardie doel is om dieselfde te bly as wat jy is. 

Dit werk so:

• Wanneer ek jou vra: “Wat is jou doel vir jou gesondheid,” en jy sê: “Ek het nie een nie,” is jou doel om die status quo te behou. 

• Wanneer ek jou vra: “Wat is jou doel in jou verhoudinge,” en jy sê: “Ek het nie een nie,” is jou doel om nie jou verhoudinge te verbeter nie.

• Wanneer ek jou vra: “Wat is jou doel met jou finansies en hoe om van jou skuld ontslae te raak,” en jy sê: “Ek het nie een nie,” is jou doel om in die skuld te bly.

• Wanneer ek jou vra: “Wat is jou doel vir jou beroep," en jy sê: "Ek het nie een nie," is jou doel om maar net voort te ploeter.  

Dis hoekom die Bybel ons leer om doelwitte te stel. Dis 'n geestelike beginsel. Dit daag ons geloof uit. Dit ontwikkel jou karakter en laat jou hoop groei. 

LUISTER na vandag se klankgreep van pastoor Rick se lering >>

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.

More

Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word met toestemming gebruik. Alle regte voorbehou.