HerskepVoorbeeld
Daar Is Geen Verskoning Om Nie Te Rus Nie
Die Bybel het baie opdragte aangaande rus en ontspanning. Dis inderwaarheid so belangrik dat God dit in die Tien Gebooie ingesluit het — saam met "Moenie egbreuk pleeg nie" en "Moenie moord pleeg nie." Hy sê dat jy elke sewende dag 'n dag moet afvat. Dis hoe belangrik 'n Sabbat in jou lewe is.
In Markus 2:27 (NLV) sê Jesus: “Die Sabbat is daar ter wille van die mens – nie die mens ter wille van die Sabbat nie.” Met ander woorde, God het hierdie idee gehad dat jy elke sewende dag moet rus, ontspan, aanbid en verkwik word. Dis sy idee en dis tot jou voordeel sodat jy nie uitbrand nie.
Tog doen mense in vandag se samelewing dit nie. Hulle werk selfs op hulle afdag. En selfs dié wat kerk toe gaan, gaan na die tyd huis toe om verder te werk om alles gedoen te kry wat hulle nie in hulle werkweek kon afhandel nie. Dis nie 'n Sabbat nie!
Om 'n Sabbat te hê, beteken: “Ses dae moet jy werk, maar op die sewende dag moet jy rus; selfs in die ploegtyd en oestyd moet jy rus” (Eksodus 34:21).
Selfs in jou besigste tyd is daar geen verskoning om nie te rus nie. Jy is dalk 'n belasting rekenmeester, maar jy moet nog steeds Vryheidsdag afvat. Jy werk dalk in die groothandel, maar jy moet nog steeds Kersdag afvat. Selfs 'n boer moet 'n dag in die oestyd en planttyd afvat.
Wat behoort jy op die Sabbat te doen?
1. Jou liggaam moet rus. Soms is die mees geestelike ding wat jy kan doen om 'n uiltjie te knip.
2. Herfokus jou gees. Dit beteken jy moet God aanbid.
3. Herlaai jou emosies. Dit verwys na iets wat jou verkwik en jou weer energie gee, soos 'n stokperdjie of 'n sport.
Dit maak nie saak watter dag jou Sabbat is nie. Dis belangrik dat jy gehoorsaam is. Jy rus dalk nie as jou vrou sê jy moet rus nie, of selfs wanneer jou baas sê dat jy 'n aftydjie moet vat nie. Jy moet egter rus omdat God dit beveel en sodat jy jou beste vir Hom kan gee.
LUISTER na vandag se klankgreep van pastoor Rick se lering >>
Aangaande hierdie leesplan
Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.
More