HerskepVoorbeeld
Die Waarheid Omtrent Skaduwees
Een van die algemeenste oorspronge van spanning is verlies. Jy kan jou werk verloor, jou gesondheid, jou geld, jou reputasie of 'n geliefde.
Wanneer mense verlies ly, is daar altyd twee algemene reaksies. Die een is vrees en die ander een is om te treur. Dis goed om te treur. Dis die manier hoe ons deur die verskillende fases van die lewe kom. Die waarheid is, dat as jy nie treur nie val jy vas! Om te treur sal jou nie doodmaak nie, maar jy moet egter daarvan ontslae raak.
Vrees, andersyds, is 'n slegte ding. Die Bybel sê nie een keer "Moenie treur," "moenie hartseer wees" of "moenie huil" nie. Wat dit wel sê is: "Moenie vrees nie." En dit word 365 keer gesê! Om te treur verlam jou nie; vrees doen dit wel.
In Psalm 23:4 (ABA) sê Dawid: “Ook wanneer ek deur 'n diep en donker vallei moet loop, dan sal ek nie bang wees nie, want U, Here, is by my. U beskerm my soos 'n herder sy skape beskerm met sy stok en met sy kierie."
Skaapwagters dra altyd 'n stok en 'n kierie saam met hulle om hulle skape te beskerm. Dawid het geweet dat God hom ook op dieselfde manier sou beskerm. Hy het God vertrou, selfs in die donker valleie.
Sommige mense gaan op hierdie oomblik deur die donker vallei — dalk die vallei van doodskaduwee. Dis dalk die vallei van die skuldskaduwee. Dit kan ook die vallei van die konflikskaduwee wees. Miskien is dit die vallei van depressieskaduwee. Dit mag ook die vallei van die mismoedigheidskaduwee wees.
Skaduwees is skrikwekkend. Onthou jy hoe bang jy vir die skaduwees was toe jy as kind in jou bed gelê het? Ek het 'n paar dinge omtrent skaduwees geleer.
Eerstens: skaduwees kan jou nie seermaak nie.
Tweedens: skaduwees is altyd groter as die oorspronklike vorm.
Die goeie nuus is egter dat, waar daar ook al 'n skaduwee is, moet daar 'n lig wees. Jy kry nie 'n skaduwee sonder lig nie. Die sleutel is dit: wanneer jy deur die vallei van die skaduwee gaan, moet jy jou rug op die donkerte draai en na die lig kyk. Solank jy na die lig kyk — Jesus, die lig van die wêreld — sal die skaduwee jou nie skrikmaak nie.
Dis hoe jy deur die vallei van doodskaduwee gaan. Dis hoe jy jou spanning verminder. Jy vertrou op God in die donker valleie, net soos Dawid, wat só gebid het: “As ek moed opgee, sal U weet wat vir my die beste is" (Psalm 142:4a DB).
LUISTER na vandag se klankgreep van pastoor Rick se lering >>
Aangaande hierdie leesplan
Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.
More