HerskepVoorbeeld
Rig Julle Gedagtes Op Hierdie Dinge
Jy moet jou gedagtes op die regte dinge rig om geestelik gesond te wees.
1. Dink aan Jesus.
Jy het seker al die spreekwoord gehoor: “Jy word waaroor jy die meeste dink.” As jy meer soos Jesus wil word, moet Hy gedurig in jou gedagtes wees.
Hebreërs 12:3 (DB) sê: “Hou Hom gedurig in gedagte. Dink aan alles wat Hy moes deurmaak, ja, aan al die slegte dinge wat die sondige mense aan Hom gedoen het. As julle sy voorbeeld volg, sal julle nooit moedeloos word en tou opgooi nie.
2. Dink aan ander mense.
Filippense 2:4 (DB) sê: "Niemand moet net aan homself dink nie. Elkeen moet ook aan die ander om hom dink."
Besef jy dat dit nie is hoe ons samelewing werk nie? Alles in die wêreld leer jou om net aan jouself te dink en niemand anders nie. Jesus was nie egter so nie. Wanneer jy aan Hom dink sal jy ook makliker aan ander mense dink.
3. Dink aan die ewigheid.
Ons lees in 1 Korintiërs 2:9 (NLV): "Wat geen oog gesien het; wat geen oor gehoor het; wat in niemand se hart opgekom het nie — dit het God voorberei vir hulle wat Hom liefhet.” Wanneer jy op sulke waarhede begin konsentreer, sal al jou probleme kleiner lyk in vergelyking met die heerlikheid, die vreugde en die plesier van die dinge waarna ons kan uitsien in die hiernamaals.
Jou denke is jou grootste bate maar ook die grootste slagveld. Vra vir God om jou te help om elke dag die keuse te maak om jou gees met die Woord van God te voed. Bevry jou denke van vernietigende gedagtes en vul dit met Jesus, ander mense en die ewigheid. Dan sal jy die stryd wen.
LUISTER na vandag se klankgreep van pastoor Rick se lering >>
Aangaande hierdie leesplan
Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.
More