HerskepVoorbeeld
Moenie Jou Talente van Ander Mense Weerhou Nie
Wanneer jy weet waarvoor jy gemaak is, weet jy wat jy behoort te wees en kan jy daarop begin fokus en 'n nuttige lewe te leef.
Die oomblik wanneer jy geestelik oor daardie brug gaan, sê jy: "Ek gaan God se pad volg en nie my eie nie. Ek gaan toelaat dat Hy my lewe rig. Ek wil God se doel volg, nie my eie nie. Ek gaan doen waarvoor ek gemaak is.”
Die oomblik wanneer jy oor daardie brug gaan en jou geloof in Christus plaas, gee God vir jou vier belangrike geskenke:
Vergifnis. Romeine 5:15 (NLV) sê: “Want die oortreding van hierdie een mens, Adam, het die dood van baie veroorsaak, maar die ander mens, Jesus Christus, het soveel meer gedoen: die genade van God, ja, sy genadegeskenk wat Hy deur Jesus Christus aan baie mense gee, oortref alles!" Die eerste ding wat Jesus gedoen het, was om alles wat jy ooit verkeerd gedoen het, uit te wis. Dis vergewe! Daar is geen veroordeling nie.
Die ewige lewe. God het langtermyn planne vir jou. Die Bybel sê in Romeine 6:23 (AFR20): “Want die loon van die sonde is die dood; maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here." Jy sal nooit enige daad kan verrig of verdien om in die hemel te kom nie. Die enigste manier hoe jy ooit in die hemel kan kom, is deur God se gratis geskenk wat jy deur geloof aanvaar het.
Die Heilige Gees. Romeine 5:5 (NLV) sê: “God het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.” Hoe weet jy wanneer jy God toelaat om deur jou lewe te leef? Wanneer jy die vrug van die Gees uitleef: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing.
Besonderse vermoëns. In die Bybel word dit geestelike gawes genoem. Dit maak hulle anders as materiële of fisieke gawes. Hulle is die vermoëns wat jy nodig het om die werk te doen wat God wil hê jy moet doen. Die meeste mense wat gelowiges is weet nie eens dat hulle dit het nie, wat nog te sê wat dit is. Maar jy het hulle!
In 1 Korintiërs 12:4-6 (NLV) sê die Bybel: "Daar is ’n hele verskeidenheid geestelike gawes en tog kom hulle van dieselfde Gees. En daar is ’n hele verskeidenheid bedienings, maar ons dien dieselfde Here. Daar is talle aktiwiteite in die gemeente, maar dit is dieselfde God wat al hierdie dinge kragtig in ons almal aktiveer.”
Wat is 'n geestelike gawe? God het 'n doel met jou lewe en jou geestelike gawes is die gereedskap wat Hy jou gee om te doen wat Hy jou vra om te doen. God sal jou nooit vra om iets te doen waarvoor Hy nie vir jou die vermoë gee nie. Die oomblik wanneer jy Christus aanvaar, kry jy dit. Jy kan nie jou gawe kies nie. Jy kan nie jou gawe verdien nie.
Dis ook nie tot jou eie voordeel nie. Jou geestelike gawes word aan jou gegee om ander mense te help. En ander mense in die gemeente kry hulle gawes om jou te help.
Wanneer ek my geestelike gawe van lering gebruik, word jy geseën. Wanneer jy jou geestelike gawe gebruik, word die mense in jou kerk geseën. Dis soos 'n legkaart. As daar een legkaartstukkie ontbreek, wat let jy heel eerste op? Die ontbrekende stukkie. Indien jy nie jou geestelike gawes ontwikkel en gebruik nie, is dit tot ons almal se nadeel.
LUISTER vandag na die klankgreep van pastoor Rick se lering >>
JAangaande hierdie leesplan
Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.
More