HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 24 VAN 36

 

Drie Stappe Hoe Om Oor te Gee en Agt Resultate

 

Die Bybel sê in 1 Johnannes 4:18 (AFR20): “In die liefde is daar geen vrees nie. Inteendeel, volmaakte liefde dryf die vrees na buite.”

Hoe leer jy om in die liefde van God te lewe sodat jy sonder vrees kan leef?

Jy moet jou hart elke dag aan God oorgee. 

Elke oggend wanneer jy wakker word, voordat jy uit die bed opstaan, moet jy sê: “God, voordat ek hierdie dag begin, gee ek my emosies aan U oor. U moet die Here oor my gevoelens wees. Ek wil hê dat U my denke en emosies beheer. Ek gee my hart aan U oor. Vul my met u liefde.”

Job 11:13-18 (DB) sê: “Job, jy moet jou houding teenoor God regkry. Steek jou hande na Hom toe uit om te wys dat jy van Hom afhanklik is. Hou op om verkeerde dinge te doen. Moenie verkeerde goed in jou huis toelaat nie. Dan sal jy weer jou kop kan optel sonder om skaam te wees. Jy sal veilig kan voel en weet jy hoef nie bang te wees nie. Jy sal van al jou swaarkry kan vergeet. Dit sal soos water wees wat verbyloop en nie weer terugkom nie. Jy sal daarvan vergeet. Dit sal met jou goed gaan. Jou lewe sal meer lig hê as die son wat in die middag skyn. As daar donker tye in jou lewe kom, sal dit soos lig wees. Omdat jy weet daar is hoop vir jou, sal jy moed hê vir die toekoms. As jy klaar na alles om jou gekyk het, sal jy veilig kan slaap."

Daar is drie opdragte en agt beloftes in daardie verse. God sal iets doen as jy iets doen. Elke belofte het 'n veronderstelling. 

Eerstens gee Hy jou hierdie opdragte: Gee jou hart elke dag aan God oor. Bid tot Hom. Hou op om sonde te doen of bely jou sonde teenoor God. 

Dan volg die agt voordele: Jy sal nie beskaamd staan nie, jy sal vreesloos wees, jou probleme sal soos water wegvloei, die duisternis waardeur jy gaan sal so lig soos die middagson wees, jy sal goed kan slaap omdat jy veilig en beskut is, jy sal hoopvol wees en sonder bekommernis.

Sjoe! Wie sal nie daardie voordele wou ervaar nie? Jy behoort hierdie verse op 'n karton te skryf en op te plak waar jy dit heelweek kan sien. Laat dit jou aan daardie drie dinge herinner — gee jou hart aan God oor, bid tot Hom en bely jou sonde — sodat die liefde van God jou lewe kan vul en alle spanning en vrees verdryf. 

Probeer dit hierdie week doen en sien hoe God sy beloftes nakom terwyl Hy jou met liefde vul.

LUISTER vandag na die klankgreep van pastoor Rick se lering >>

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.

More

Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word met toestemming gebruik. Alle regte voorbehou.