HerskepVoorbeeld

Goddelike Doelwitstelling Begin Met 'n Belofte
Die Bybel bevat meer as 7 000 beloftes van God aan jou — beloftes van sukses, selfvertroue, gesondheid, voorspoed, krag, wysheid en nog meer. Hoekom maak God hierdie beloftes?
Hy wil hê dat jy moet leer om op Hom te vertrou.
Moenie op die probleme konsentreer wanneer jy 'n doel stel nie; konsentreer op die beloftes. Vind 'n belofte in die Woord van God wat jou na jou doel sal neem.
Dis wat Abraham doen toe Eliëser, sy dienskneg, begin bekommerd raak oor hoe die doel bereik gaan word wat aan hom gegee is. In vandag se vers lees ons dat Abraham vir Eliëser van die belofte vertel wat hy van God gekry het: “Die Here sal sy engel voor jou uit stuur sodat jy vir my seun 'n vrou van my land af sal kan bring” (Genesis 24:7b).
Jy het nie 'n engel nodig nie, want baie kere het God in die Skrif gesê: “Ek sal saam met jou gaan waar jy ook al gaan.” God is altyd by jou, of jy dit voel of nie. Jy moet net van daardie krag gebruik maak.
Die grootte van jou doel word bepaal deur die grootte van jou God. Goddelike doelwitte begin altyd met 'n belofte van God. Moenie na jou beperkinge kyk nie; kyk na God se beloftes.
LUISTER na vandag se klankgreep van pastoor Rick se lering >>
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.
More