HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 26 VAN 36

 

Wees Lief Vir Ander Net Soos God Jou Liefhet

 

Jy moet vir almal met wie jy in aanraking kom, dieselfde liefde betoon as die liefde wat God vir jou gee. Dis nie 'n keuse of 'n aanbeveling nie. Dis 'n opdrag: "Ek gee julle ’n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê; soos Ek julle liefhet, net só moet julle mekaar ook liefhê” (Johannes 13:34 NLV). 

As jy 'n volgeling van Christus is, moet jy almal liefhê — of jy van hulle hou of nie — op dieselfde manier as wat Christus jou liefgehad het. Dit beteken dat jy hulle heeltemal moet aanvaar, onvoorwaardelik liefhê, heeltemal vergewe en hulle as uiters waardevol ag.

Wanneer jy ander op hierdie manier liefhet, sal dit jou verhoudinge herskep!

Die Bybel sê in 1 Korintiërs 13:7 (NLV): “Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles.”

Dis hoe God jou liefhet. God hou nooit op om geduldig te wees met jou nie. God hou nooit op om in jou te glo nie. God hou nooit op om vir die beste in jou lewe te hoop nie. God gee nooit moed op met jou nie. Dis hoe God van jou verwag om teenoor alle mense op te tree. 

“Liefde hou nooit op om geduldig te wees nie.” Dit beteken dat liefde genadig is. Jy moet ook genade aan ander betoon.

“Liefde hou nooit op om te glo nie.” Dit beteken dat liefde geloof openbaar. Jy sê vir iemand: "Al gaan ons nou deur 'n moeilike tyd, sal ek nooit ophou om in jou te glo nie.”

“Liefde hou nooit op om te hoop nie.” Dit beteken dat liefde die beste verwag. Verwag jy die beste in jou huwelik, of is jy tevrede met tweede beste?

“Liefde gee nooit moed op nie.” Dit beteken dat liefde die ergste verduur. Dit beteken dat jy na die ander persoon kan kyk en sê: “Dit maak nie saak waarvan jy my beskuldig nie, ek gaan aanhou om jou lief te hê.”

As jy vandag wil begin om jou verhoudinge te herskep, nooi ek jou om hierdie gebed aan God te lees. GEBED: “Hemelse Vader, ek erken dat ek my verhoudinge opgemors het. Hulle is ingewikkeld en gebroke en ek was dikwels met tweede beste tevrede. Hulle het 'n herskepping nodig! Ek wil hê dat U moet begin deur my te verander. Verlos my van my vrese, want ek kan sien hoe hulle my op 'n afstand en op die verdediging hou en ook veeleisend is. Van vandag af en elke dag daarna, wil ek my hart aan U oorgee. Ek wil leer om my lewe in u liefde te leef en met u liefde gevul te wees."

“Help my om ander te aanvaar, net soos U my aanvaar het. Help my om ander onvoorwaardelik lief te hê, net soos U my liefgehad het. Help my om ander heeltemal te vergewe, net soos U my vergewe het. Help my ook om ander net soveel van waarde te ag as wat U my van waarde ag. Help my om genadig te wees en in die mense rondom my te glo. Help my om die beste van ander te verwag en help my om die ergste te verduur wanneer die ergste plaasvind. Ek vra dit in die Naam van Jesus. Amen.”

Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.

More

Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word met toestemming gebruik. Alle regte voorbehou.