HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 25 VAN 36

 

Wat Dink God Van Jou?

 

As jy nie voel dat God jou liefhet nie, gaan jy nie liefde aan enigiemand betoon nie. Dit is onmoontlik om liefdevol te wees, tensy jy verstaan en onthou op watter manier God jou liefhet.

Jy moet jouself elke dag daaraan herinner wat God van jou dink — nie wat die wêreld dink of wat jy van jouself dink nie. Dis wat jou vrese sal verdryf. 

Kom ek hou vier dinge aan jou voor wat God van jou dink, om jou te help onthou hoekom en hoe om lief te hê.

Jy word totaal en al aanvaar.
Ons bestee 'n groot deel van ons lewe daaraan om aanvaarding te probeer verdien van ons ouers, ons portuurgroep, die mense vir wie ons respek het, die mense vir wie ons beny en selfs algehele vreemdelinge. Jy moet egter besef dat God alreeds hierdie kwessie oor aanvaarding afgehandel het: Romeine 15:7 (ABA) “Julle moet mekaar aanvaar, soos Christus julle ook aanvaar het." Wat Jesus aan die kruis gedoen het, het jou totaal en al aanvaarbaar vir God gemaak — ongeag van wat jy gedoen het of nog gaan doen.

Jy word onvoorwaardelik lief gehê.
God sê nie: “Ek is lief vir jou as …” of “ Ek is lief vir jou omdat …” Hy sê: “Ek is lief vir jou — dis al!” Jy kan God nie laat ophou om jou lief te hê nie, want sy liefde is nie gebaseer op wat jy doen nie, maar op wie Hy is. Jesaja 54:10 sê: “Want die berge kan padgee en die heuwels verdwyn. Maar my liefde vir jou sal nooit verander nie” (NLV). 

Jy is heeltemal vergewe.
Jy is heeltemal vergewe omdat Jesus aan die kruis gesterf en sy lewe as betaling vir jou sonde gegee het. Romeine 8:1 (NLV) sê: “Daar is dan nou geen veroordeling vir diegene wat in Christus Jesus is nie.” God dink nie oor en oor aan jou sondes nie; Hy verwyder dit. 

Jy word as baie waardevol gereken.
 Daar is twee dinge wat waarde gee: die persoon wat iets besit en iemand wat bereid is om daarvoor te betaal. 

Jy is 'n kind van God en “Julle is duur gekoop” (1 Korintiërs 7:23 AFR20). Jesus Christus het met sy lewe vir jou betaal. Dis hoe waardevol jy is. 

Jy sal beter toegerus wees om liefde aan ander te bewys en dieper verhoudinge te bou, wanneer jy onthou dat jy aanvaar, geliefd, vergewe en waardevol is vir die Skepper van die heelal. 

LUISTER na vandag se klankgreep van pastoor Rick se lering >>

Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.

More

Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word met toestemming gebruik. Alle regte voorbehou.