HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 23 VAN 36

 

Bemeester Jou Gemoed

 

As jy suksesvol wil wees in die lewe, moet jy leer om jou gemoed te bemeester. Wanneer jy gevoelens ervaar wat jou nie op 'n plek bring waar jy wil wees nie, het jy twee keuses: jy kan dit verander of dit op 'n ander manier aanwend.

Soms moet jy jou gevoelens verander.

Sommige emosies is so vernietigend, so afbrekend, maak jou so seer of is glad nie effektief nie. Die enigste ding wat jy dan kan doen is om dit te verander. Jy moet jou gevoel verander. 

Filippense 2:5 sê: “Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees” (NLV).

Jou gesindheid sluit jou emosies in, dus behoort dit wat jy voel dieselfde te wees wat Jesus voel. Vra jouself die volgende vraag: “Hoe sou Jesus in hierdie situasies voel? Sou Jesus geïrriteerd geraak het met die kelnerin? Nee. Sou Jesus op hierdie persoon geskree het? Nee. Sou Jesus heelnag wakker gebly het met bekommernis oor iets wat nie gaan uitwerk nie? Nee. Sou Jesus bang wees? Nee.”

Jy moet dan enige gevoel wat jou nie meer soos Jesus laat word nie, in die wind slaan. Indien Jesus nie met daardie emosie op jou vrou sou reageer nie, moet jy ook nie. Hou op daarmee en probeer dink eerder aan wat Jesus sou gedoen het. 

Soms moet jy jou gevoelens op ander maniere aanwend.

Toe my seun, Matthew, oorlede is, het ek die diepste smart wat jy jou kan indink, beleef. Ek en my vrou het egter van die begin af besluit dat ons daardie smart ten goede gaan aanwend en gebruik om ander mense te help. Dis een van die redes hoekom ons die jaarlikse konferensie oor geestesgesondheid by die Saddleback kerk aanbied. Ek gaan nie die smart wat ek voel verlore laat gaan nie. Ek gaan dit ten goede aanwend.

Jou grootste bediening gaan nie voortvloei uit jou sterkpunte of suksesse nie. Jou grootste bediening kan uit jou ergste pyn voortvloei.

Watter pyn in jou lewe wend jy ten goede aan? As dit so erg is dat jy nie eens daaroor wil praat nie, moet jy leer om jou emosies te bestuur. Jy moet 'n naam daaraan koppel, dit uitdaag en anders aanwend, as jy dit nie gaan verander nie. Dan eers wend jy dit ten goede aan. 

LUISTER na vandag se klankgreep van pastoor Rick se lering >>

Dag 22Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.

More

Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word met toestemming gebruik. Alle regte voorbehou.