HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 22 VAN 36

 

Drie Vrae om Jou Emosies te Help Beheer

 

In 1 Petrus 4:2 (AFR53) sê die Bybel: “... om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God." 

Wat is begeerlikhede? Dis jou emosies en jou toegeneenthede. Noudat jy Christus volg, behoort jou lewe deur die wil van God beheer te word en nie deur jou gevoelens nie.

Kom ek gee vir jou drie vrae wat jy jouself oor jou emosies kan vra as jy probeer om dit wat jy voel te hanteer. Wanneer jy kwaad, ontsteld of gefrustreerd is — of enige ander gevoel ervaar — vra hierdie drie vrae:

1. “Wat is die eintlike rede hoekom ek so voel?” Dalk is die antwoord "vrees" of "bekommernis". Dalk hou dit verband met iets wat jou pa jare gelede vir jou gesê het, en toe jou man dit vir jou sê het dit al die woede ontlok wat jy teenoor jou pa opgekrop het. 

2. “Is dit waar?” Is dit wat jy op hierdie oomblik voel die waarheid? In die Bybel lees ons dat Elia op 'n punt gekom het toe hy so mismoedig was, dat hy teenoor God gekla het: "God, ek is die enigste een in die hele nasie van Israel wat U nog dien.” God het hom uitgedaag deur te sê: "Regtig? Ek het baie mense wat my nog dien! Jy maak of jy die enigste een in die hele wêreld is wat probeer om die regte ding te doen! Nee. Dis nie waar nie.” 

3. “Is dit wat ek voel nuttig of maak dit my seer?” Sal jy kry wat jy wil hê deur aan te hou voel soos jy nou voel? Baie keer voel die gevoelens wat ons ondervind natuurlik, maar hulle is eintlik selfvernietigend.

Kom ons sê jy gaan na 'n restaurant toe en die diens is baie stadig. Jy wag lank om bedien te word. Dan kom daar mense 15 minute na jou ingestap en kry hulle kos voor jy joune kry. Jy raak al hoe meer geïrriteerd en voel hoe dit in jou opbou. 

Wat is die eintlike rede hoekom jy so voel? Jy is honger!

Is dit waar? Ja. Jy is gefrustreerd omdat die diens stadig is. Maar help jou gevoel jou of is dit nadelig vir jou? Kry jy beter diens as jy kwaad word vir die kelner? Natuurlik nie. 

Help dit as jy aanhoudend kla? Het dit jou al ooit gehelp? As iemand vir jou vertel van al die dinge wat jy verkeerd doen, help dit jou om te wil verander? Nee! Dit veroorsaak net dat jy gedurig op die verdediging is. 

Wanneer jy jouself hierdie drie vrae vra, verstaan jy beter hoekom jy voel soos jy voel en wat jy moet doen om die situasie te beredder.

Dis die manier waarop jy jou emosies beheer. 

LUISTER na vandag se klankgreep van pastoor Rick se lering >>

Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.

More

Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word met toestemming gebruik. Alle regte voorbehou.