HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 21 VAN 36

 

Ontwerp Met 'n Doel

 

In argitektuur ontwerp jy iets vir 'n spesifieke doel. Sê vir my waarvoor jy die gebou wil gebruik, dan sê ek vir jou hoe dit gebou moet word. Met mense werk dit die teenoorgestelde. Vind eers uit hoe God jou gemaak en gevorm het, watter geestelike gawes, hart, vermoëns, persoonlikheid en ervarings Hy jou gegee het. Dan sal jy weet wat jy veronderstel is om met jou lewe te doen. 

Het jy geweet dat God spesifieke take vir jou het om te doen terwyl jy op hierdie planeet leef? God plaas nie mense op die aarde sonder om vir hulle 'n lewenstaak te gee nie. Jou lewenstaak is gekoppel aan jou werk of beroep. Werk is 'n deel van God se doel vir jou lewe. Hy het jou nie op die aarde geplaas om nutteloos te wees nie. Hy het jou hier geplaas om 'n bydrae te lewer en jou bydrae is gebaseer op hoe jy aanmekaar gesit is.

God gee nooit vir jou 'n taak sonder om ook vir jou die vermoë te gee om dit te doen nie. Dis hoekom jy geestelike gawes het. Hulle lê onaktief in jou totdat jy besluit om hulle te ontdek en te ontwikkel. 

Baie meningspeilings het getoon dat die meeste mense in die verkeerde beroep is en dis omdat hulle nie daarvoor gemaak is nie! Hulle doen net die werk ter wille van die finansiële voordeel, nie omdat dit vervullend is of omdat hulle dit goed kan doen of daarvoor aangelê is nie.

Indien jy in 'n beroep is waarvoor God jou nie gemaak het nie, los dit. Die lewe is te kort om dit op 'n werk te verspeel waar jy jouself nie kan uitleef nie. God het jou nie op die aarde geplaas om geld te maak nie. Wat belangrik is, is waarvoor God jou gemaak het om te doen. 

Die Bybel sê in 1 Korintiërs 12:4-6 (DB): “Daar is natuurlik baie verskillende gawes wat ons as Christene kan kry, maar dit beteken nie dat daar ’n gees vir elke gawe is nie. Al hierdie gawes kom van een en dieselfde Gees. Daar is ook baie dinge wat aan Christene gegee word om spesiaal te doen, maar dieselfde Here staan agter al hierdie verskillende dinge. Daar gebeur ook baie spesiale dinge met ons as Christene. Dit is dieselfde God wat al hierdie dinge in ons doen.”

As jy bewus is van jou geestelike gawes, kan jy vrae soos die volgende beantwoord: “Wat is God se wil vir my lewe? Wat wil God hê moet ek met my lewe doen? Watter soort werk of beroep moet ek doen? Wat moet my bediening wees? Wat moet my sending in die wêreld wees?” Jou gawes verduidelik waarnatoe jy op pad behoort te wees. Hulle bepaal jou werk. 

LUISTER na vandag se klankgreep van pastoor Rick se lering >>

Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.

More

Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word met toestemming gebruik. Alle regte voorbehou.