HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 19 VAN 36

 

Hoe om Jou Gevoelens te Hanteer

 

Die sleutel tot gemoedsrus is om te leer hoe om jou emosies te bestuur.

Ek wil vier belangrike redes uit die Woord van God aan jou voorhou hoekom jy moet leer om te bestuur wat jy voel.

1. Jy moet leer om jou emosies te bestuur, want hulle is dikwels onbetroubaar.
Jou instink is dikwels verkeerd. Jou intuïsie is dikwels nie korrek nie. Jou emosies lei jou dikwels na 'n doodloopstraat. Jy kan nie op alles staatmaak wat jy voel nie!

Spreuke 14:12 (AFR20) sê: "Daar is 'n pad wat vir 'n mens reg lyk, maar dit eindig by paaie na die dood." Jy hoef nie alles wat jy voel te aanvaar nie, want nie alles wat jy voel is reg of waar nie, of sal jou in die regte rigting lei nie. 

2. Jy moet leer om jou emosies te bestuur, want jy wil nie gemanipuleer word nie.
Indien jy nie jou emosies beheer nie, sal hulle jou beheer en jou buie sal jou manipuleer. As jy altyd deur jou gevoelens gelei word, gaan ander mense van jou misbruik maak. Die ergste van alles, en die Satan se gunsteling, is negatiewe emosies. Hy sal vrees, wrewel en bekommernis gebruik om verwoesting in jou lewe te saai.

In 1 Petrus 5:8 sê die Bybel: "Wees nugter, wees waaksaam! Julle teenstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind". 

3. Jy moet leer om jou emosies te bestuur, omdat jy God wil behaag.
God kan nie jou lewe regeer as jou emosies jou lewe regeer nie. As jy besluite neem op grond van hoe jy voel, het jy jou gevoelens 'n god gemaak en dan kan God nie God in jou lewe wees nie.

Romeine 8:6 en 8 sê: “Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede. Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, kan nie die wil van God doen nie.” 

4. Jy moet leer om jou emosies te bestuur, want jy wil 'n suksesvolle lewe lei.
Verskeie studies het getoon dat jou emosionele kwosiënt baie meer belangrik is as jou IK, wat sukses betref. Hoeveel mense ken jy wat hulle reputasie verwoes het as gevolg van iets wat hulle in woede gesê het? Of wat 'n werksgeleentheid gemis het as gevolg van hulle gebrek aan selfbeheersing?

Die Bybel sê in Spreuke 5:23: ”Hy sterf deur sy gebrek aan selfbeheersingl”  

Wanneer jy jou hart vir Jesus gee, sluit dit jou emosies in. As jy dus sê: “Ek gee my hart vir Jesus,” gee jy ook jou emosies vir Hom sodat Hy dit kan bestuur. Jesus wil in beheer wees van hoe jy voel, nie net wat jy dink en doen nie. Hy wil die Here van jou emosies wees.

“Daarom laat hy hom, gedurende die oorblywende tyd van sy liggaamlike bestaan, nie langer deur menslike begeertes lei nie, maar wel deur die wil van God" (1 Petrus 4:2 AFR20). 

LUISTER na vandag se klankgreep van pastoor Rick se lering >>

Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.

More

Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word met toestemming gebruik. Alle regte voorbehou.