HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 13 VAN 36

 

Goddelike Doelwitte Vereis Geloof

 

Goddelike doelwitte word in geloof gestel. Die Bybel sê: "Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag" (Hebreërs 11:6a AFR20). Om God te behaag, moet jy doelwitte stel wat geloof vereis.

Wat beteken dit? Dit beteken dat jy doelwitte moet stel wat groter is as doelwitte wat jy op jou eie kan bereik.

Byvoorbeeld: ek wil hierdie jaar 'n gesondheidsdoel stel. Soos ek voorheen gesê het, as jy nie 'n doel vir jou gesondheid stel nie, is jou doel om dieselfde te bly of te versleg. Om vorentoe te beweeg en gesonder te leef, moet jy 'n gesondheidsdoel stel. 

Kom ons sê jy wil gewig verloor. As jy sê: "My doel is om 500 gram te verloor", weet jy dat jy beter as dit kan doen. Stel 'n doel wat gebaseer is op wat God vir jou sê om te doen, en ek sal sonder twyfel kan sê dat dit 'n doel is wat jy nie sonder Jesus se hulp sal kan bereik nie.

Jy het God nog nie geglo as jy nie probeer het om iets te doen wat nie sonder sy krag in jou lewe kan gebeur nie.

LUISTER vandag na die klankgreep van pastoor Rick se lering >>

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.

More

Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word met toestemming gebruik. Alle regte voorbehou.