HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 4 VAN 36

 

Die Pad Terug Na God

 

Ek weet nie waar jy jouself vandag bevind nie. Jy mag dalk ver van God af wees. Dalk was jy jare gelede in die kerk of dalk was jy afwesig vir 'n maand of twee. Dalk is dit een van daardie weke wanneer jy vir jouself sê: "Ek voel regtig nie God se teenwoordigheid in my lewe nie." Tog het ons almal die begeerte om naby aan God te wees. Hoe kom jy weer op daardie punt in jou lewe?

Dit is die pad terug na geestelike herskepping — die vier dinge wat jy kan doen om weer naby aan God te kom.

1. Raak keelvol vir jou huidige lewe.
Niks gaan in jou lewe gebeur voor jy nie ontevrede is met die manier waarop jy lewe nie en totdat jy kan sê: "Ek hou nie hiervan nie. Ek is moeg daarvan om die heeltyd gespanne te wees. Ek is moeg daarvan om die heeltyd gefrustreerd te wees. Ek is moeg daarvan om die heeltyd oorwerk te wees. Ek is moeg daarvan om ver van God af te voel."

Hoekom laat God toe dat jy tot by hierdie punt kom? Omdat Hy jou liefhet net soos jy is, maar Hy het jou te lief om jou te laat bly soos jy is. Hy sal nie toelaat dat jy jou lewe vermors nie.  

Jeremia 29:13 (AFR20) sê: “Julle sal My soek en vind as julle My met julle hele hart raadpleeg.”

2. Erken jou sonde.
Jesaja 59:2 sê: “Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie."

Het jy al ooit gebid en gevoel asof God 'n miljoen kilometer ver is, of dat daar 'n soort sluier tussen jou en God was?

Waar kom dit vandaan? Jou sonde bring die skeiding tussen jou en God. As jy ver van God af voel, raai wie is die een wat beweeg het? God was nog altyd daar. Hy het jou onvoorwaardelik lief en wag vir jou om jou sonde te erken sodat jy weer in die regte verhouding met Hom kan leef.

3. Offer jouself op.
Die Bybel sê in 2 Korintiërs 3:18: “Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.”

Ware herskepping gebeur wanneer jou hart van selfgesentreerdheid na Godgesentreerdheid verander. Is jy al op daardie punt?

Sulke herskepping vind nie oornag plaas nie. God gaan jou hele lewe lank aan jou werk. Daar is egter 'n besluit wat die proses aan die gang sit.

LUISTER na vandag se klankgreep van pastoor Rick se lering >>

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.

More

Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word met toestemming gebruik. Alle regte voorbehou.