HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 3 VAN 36

 

Doelwitte Help Jou om te Doen Wat die Meeste Saak Maak

 

Die Bybel sê vir ons dat Jesus doelwitte gestel het. Hy het inderwaarheid dikwels sy volgende doelwit vir die volgende fase van sy bediening openbaar gemaak.

Hoekom behoort jy dan doelwitte te stel? Ons gaan vandag oor drie redes gesels en môre oor nog drie.

Jy behoort doelwitte te stel omdat dit 'n geestelike verantwoordelikheid is.
Indien jy nie doelwitte vir jou lewe het nie, het jy alreeds besluit dat ander mense maar jou lewe kan reël. As jy nie vooraf besluit wat belangrik is nie, laat jy ander mense toe om te besluit. Jy vermors dan net jou lewe, want jy het nie uitgeklaar hoe jy as 'n volgeling van Christus wil groei nie. 

Die Bybel sê, dat om geestelik volwasse te wees moet jy jou doelwit stel en daarna streef terwyl jy daarop gefokus bly.

“Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus. Ons almal wat geestelik volwasse is, moet hierdie gesindheid hê” (Filippense 3:12, 14-15a). 

Jy moet doelwitte stel want hulle is verklarings van geloof.
Indien jy in Jesus Christus glo en 'n doelwit stel, sê jy: “Ek glo dat God wil hê ek moet dit bereik teen hierdie spesifieke tyd. Dis wat ek glo God in my lewe gaan doen.”

Doelwitte is nie net verklarings van geloof nie, hulle vergroot jou geloof. Hoe groter jou doelwit is, hoe meer sal jou geloof vergroot. En dit behaag God. 

Efesiërs 3:20 (DB) sê: “God is so magtig en sterk. Juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy kan en het dinge vir ons gedoen waarvan ons nie eens kon droom nie.”

Jy moet doelwitte stel, want hulle fokus jou energie.
Fokus is die sleutel tot 'n effektiewe lewe. As jy jou energie vir 'n klomp goed gebruik, sal jy geen impak maak nie. As jy egter jou lewe gefokus hou, gaan dit kragtig wees en die wêreld verander.

Jy het nie tyd om alles te doen nie. Hier is die goeie nuus: God verwag nie dat jy alles doen nie! Die sleutel tot 'n effektiewe lewe as 'n man of vrou van God, is om te doen wat die meeste saak maak en van al die res te vergeet. Doelwitte help jou om daardie soort fokus te behou.

LUISTER na vandag se klankgreep van pastoor Rick se lering >>

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.

More

Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word met toestemming gebruik. Alle regte voorbehou.