HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 35 VAN 36

 

Neem 'n Blaaskans

 

Die Bybel sê in Markus 12:30: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag” (AFR20). 'n Ander manier om dit te sê is, wees lief vir God met wat jy sê, wat jy voel, alles waaroor jy dink en alles wat jy doen. God het jou hoofsaaklik gemaak om 'n prater, gevoelsmens, denker of doener te wees. 

“Doeners” is lief vir God met hulle krag. Hulle is die energieke aktiviste van die lewe — die presteerders, die werkers en die mense wat dinge aanpak, wat dinge laat gebeur in die praktiese sin van die lewe. 

Wat is die doel van "doeners" in die wêreld? 

Die wêreld het 'n bydrae nodig. Ons het nie net kommunikasie, deernis en bedagsaamheid nodig nie. Ons moet aan die werk spring en dit doen! Ons het mense nodig wat iets kan doen. Ons het mense nodig met inisiatief, energie, aksie en 'n begeerte om te presteer. 

Elkeen het egter swakpunte en doeners s'n is om hulself te oorwerk. Doeners werk gedurig. Hulle staan nie stil om te dink nie en staan definitief nie stil om te voel nie. Hulle is altyd besig! 

God sê die volgende in Psalm 127:2 (DB): “Dit is ’n vermorsing van tyd om vroeg op te staan en tot laatnag wakker te bly en jou morsdood te werk. Die Here gee vir almal wat Hy liefhet al hierdie goeie dinge in hulle slaap.” As jy 'n doener is, sal dit 'n goeie vers wees om op jou badkamerspieël te plak. God wil hê dat sy geliefdes behoorlik rus.

Sommige van julle moet minder doen. Nie minder vir God nie, maar minder op ander terreine, sodat julle meer tyd sal hê om te doen wat die meeste saakmaak.

Die Bybel sê, dat as jy 'n gelowige word, maak God jou van binne-af nuut: “As iemand aan Christus behoort, dan het God daardie persoon 'n nuwe mens gemaak. Die persoon se ou lewe is verby, ja, hy het 'n nuwe lewe gekry" (2 Korintiërs 5:17 ABA).

Wanneer jy 'n gelowige word, word jou verlede vergewe, jy het 'n rede om te leef en jy het 'n tuiste in die hemel. Kom ek sê vir jou wat nie verander as jy Christus begin volg nie: jou persoonlikheid verander nie. God vertraag jou nie as jy Hom begin volg nie. Hy verander net jou koers. Hy wil jou inderwaarheid bemagtig. Onthou, Hy het jou persoonlikheid vir jou gegee. 

God wil jou nie kloon om soos al die ander mense te wees wanneer jy Hom aanbid, dien en liefhet nie. Hy wil hê dat jy Hom met jou persoonlikheid dien. Nie net dit nie, maar Hy sal jou persoonlikheid sterker maak en nie 'n demper daarop plaas nie. Hy gaan jou meer soos jy maak as wat jy ooit voorheen was. 

LUISTER na vandag se klankgreep van pastoor Rick se lering >>

Dag 34Dag 36

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.

More

Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word met toestemming gebruik. Alle regte voorbehou.