Wanneer Geloof Faal: 10 Dae Om God In Die Skadu Van Twyfel Te VindVoorbeeld

When Faith Fails: 10 Days Of Finding God In The Shadow Of Doubt

DAG 10 VAN 10

Net soos Jesus se eerste dissipels, is jy geroep in 'n verhaal wat groter as jou eie is. Jou lewe pols met doelgerigtheid. Jy is geskep om Hom te ken en te volg. Dit is waarna jou hart smag. Ons elkeen, aanbidders en twyfelaars, word genooi om deel te neem.

Hy roep die dissipels wie se geloof blykbaar nooit wankel nie. Dis asof hulle nog altyd geglo het, reeds in die moederskoot tot sy eer geneurie het, en hulle gaan steeds voort. Tog het Hy ook die twyfelaars geroep ... Hulle wat 'n onwrikbare pyn na intimiteit het omdat hulle nie 'n geloof kan verduur wat nie hul eie is nie.

Jesus verwelkom beide. Hy roep en stuur albei. Beide is krities noodsaaklik tot die revolusie wat Hy begin het.

Dit maak nie saak waar jy jou in jou geloofsreis bevind nie, Hy roep jou ook.

Jy is miskien ver van die huis af en jy weet nie meer wat jy glo en of jy nog enigsins glo nie. Dalk het jy reeds by die kritiese ontleding verby beweeg en verken jy nou die gebied van twyfel terwyl jy die moeilikste lewensvrae betrek. Dalk is jy op pad huistoe. Jou verhouding met God is anders as wat dit was, maar op 'n manier is dit beter. Dieper. Lewendiger.

Waar jy ook al is en wat jy ook al van God dink, jy staan voor oneindige moontlikhede. Jesus se eerste aangetekende woorde aan sy dissipels was: "Volg my!" en eintlik was sy laaste woorde dieselfde. Hou aan om vorentoe te beweeg. Jaag die waarheid na.

Die grootste gevaar is nie dat ons ons geloof sal verloor nie, maar dat ons met 'n middelmatige weergawe daarvan tevrede sal wees. Elke dag is 'n geleentheid om te vra, te soek en te klop. Daar is soveel meer om te verken, te leer en in te neem. Daar is ruwe berge om te klim, uitdagings om te bowe te kom, uitsigte om waar te neem en skoonheid om te ervaar. 'n God om te leer ken.

Jy begin nou eers.

Wanneer jou hart weifel, jou knieë knak en jou geloof faal, onthou dan jy het hierdie hoop:

Jesus het die laaste woord. 


Wil jy dieper delf?  Bestel Dominic se book When Faith Fails  om meer oor twyfel en geloof te ontdek.

Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

When Faith Fails: 10 Days Of Finding God In The Shadow Of Doubt

Om met geloof en twyfel te worstel, kan uiters eensaam en afgesonderd wees. Sommige ly in stilte, terwyl ander hul geloof die rug toekeer, omdat hulle aanneem dat twyfel onversoenbaar met geloof is. Dominic Done glo dit is beide tragies en 'n uiterste wanopvatting. Hy gebruik die Skrif en literatuur wanneer hy aanvoer dat bevraagtekening nie net normaal is nie, maar dit is dikwels 'n pad wat na 'n ryke en lewendige geloof lei. Verken in hierdie 10-dag leesplan meer oor geloof en twyfel.

More

Baie dankie aan HarperCollings wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bit.ly/2Pn4Z0a