Wanneer Geloof Faal: 10 Dae Om God In Die Skadu Van Twyfel Te VindVoorbeeld

When Faith Fails: 10 Days Of Finding God In The Shadow Of Doubt

DAG 3 VAN 10

As ons huise die geloofslewe is, dan is twyfel die pad waarop ons moet loop om by die huis uit te kom. Natuurlik is daar uitdagings op die pad: slaggate, eensaamheid, angs, vrees en vrae. Net soos met enige avontuur, is daar in jou soeke na die huis, oneindig baie hindernisse op die pad. Daar is 'n koste verbonde aan elke roeping. Die berge is ondraaglik moeilik om te klim. Die valleie is angswekkend om te verduur. Dit is wat baie mense ervaar op hul pad huistoe. Vir ander (en ek beny hulle) is die pad baie makliker. Die reis huistoe is soos 'n snelweg met vier lane; hulle spring in die motor en kom gou daar aan. Ander, soos ek, reis op die roete deur die natuur.

Nietemin, ons kom ook daar uit.

Ons is ook nie alleen nie ...

Ons is verward en eensaam, terwyl ons rek en strek in 'n dolle gejaag deur die puin op soek na 'n doel. Ons ontvang dan twee geskrifte. Die een sê daar is geen betekenis nie. Alles gebeur toevallig. Dinge gebeur maar, en tussen hakies, jy is self ook 'n toevalligheid.

Tog gee Jesus vir ons 'n ander geskrif. Hy sê die lewe het betekenis. Alles wat jy is — die asem in jou longe, die kloppende hart in jou bors, jou trane, vrese en drome maak saak. Hy belowe dat reg sal geskied, genade sal triomfeer, dit wat geruïneer is, sal herbou word; en Hy nooi jou uit om by Hom aan te sluit op die beste manier wat jy ken.

Sommige mense beweer dat alles slegs maar 'n lugkasteel is. En wie weet, dalk is dit so. Miskien is ons dié wat gek en mislei is. Tog sal ek liewer my lewe in hoop leef, soekende na 'n beeldskone God, eerder as om in 'n goddelose wêreld die pyn van eensaamheid te verduur.

Ek glo daar is meer aan ons bestaan as net blinde, genadelose onverskilligheid.

Ek glo in 'n God wat ons geskep het, ons liefhet, Homself vir ons gegee het en ons sonder ophou, onstuitbaar, liefdevol na Hom toe trek.

Ek glo dat die lewe 'n doel het.

Ek glo die dood het nie die laaste sê nie.

Ek glo in 'n uiteindelike werklikheid en ... daar wemel dit van lewe, skoonheid, kleur en diepte.

Ek glo twyfel is deel van menswees. Dit dryf ons na uiterstes, wond ons, maar dan — as ons dit toelaat — lei dit ons tot 'n dieper geloof.

Ek glo wanneer die son donker raak, sal dit weer terugkeer. Die sonsverduistering sal verbygaan. Die wêreld mag dan anders lyk, maar ons sal ook. 

Ek glo ook ons is meer as blote materie.  

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

When Faith Fails: 10 Days Of Finding God In The Shadow Of Doubt

Om met geloof en twyfel te worstel, kan uiters eensaam en afgesonderd wees. Sommige ly in stilte, terwyl ander hul geloof die rug toekeer, omdat hulle aanneem dat twyfel onversoenbaar met geloof is. Dominic Done glo dit is beide tragies en 'n uiterste wanopvatting. Hy gebruik die Skrif en literatuur wanneer hy aanvoer dat bevraagtekening nie net normaal is nie, maar dit is dikwels 'n pad wat na 'n ryke en lewendige geloof lei. Verken in hierdie 10-dag leesplan meer oor geloof en twyfel.

More

Baie dankie aan HarperCollings wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bit.ly/2Pn4Z0a