Wanneer Geloof Faal: 10 Dae Om God In Die Skadu Van Twyfel Te VindVoorbeeld
Toe God in Eksodus vir Moses gesê het om sy sandale uit te trek, was dit omdat hy op heilige grond gestaan het. Hoe het dit hom seker verras! Hy het daardie gedeelte van die woestyn goed geken. Hy het vir veertig jaar as skaapwagter daar geloop. Dit is waar Moses gewerk het. In sy gedagtes was dit maar gewone, stowwerige, vuil grond wat deur skape uitgetrap is. Tog sê God dit is heilig.
Wat as die grond waarop jy nou staan, met heiligheid deurweek is? Wat as elke besonderheid van jou lewe met die silhoeët van God deurtrek is? Wat as die lug om jou deur sy stem gevul is?
God praat. Dit is dalk net nie op 'n manier waarop jy dit verwag nie.
• Hy praat deur ander mense. Selfs diegene wat jou irriteer.
• Hy praat deur die kunste: goeie boeke, musiek, gedigte, liedere en fotografie.
• Hy kan deur drome praat ...
• Hy praat deur die skepping terwyl ons die skoonheid daarvan inasem.
• Hy praat deur oortuiging en die knaende gevoel dat iets verkeerd is. (Soms is die probleem nie God se stilte nie, maar die oorverdowende geluid van sonde. Sonde wil die hardste stem in jou lewe wees. Moenie dit toelaat nie.)
• Hy praat deur ons pyn.
• Hy praat in ons verlies.
• Hy praat selfs in ons twyfel.
As God bestaan, dan is daar geen gewone grond nie. Alles is heilig. Op hierdie oomblik, nou, waar jy ook al is, is dit heilig. God nooi jou uit om jou sandale uit te trek en jou tone te laat wegsink en te aanbid.
Hy is hier.
God se vingerafdrukke is oral in jou lewe.
Aangaande hierdie leesplan
Om met geloof en twyfel te worstel, kan uiters eensaam en afgesonderd wees. Sommige ly in stilte, terwyl ander hul geloof die rug toekeer, omdat hulle aanneem dat twyfel onversoenbaar met geloof is. Dominic Done glo dit is beide tragies en 'n uiterste wanopvatting. Hy gebruik die Skrif en literatuur wanneer hy aanvoer dat bevraagtekening nie net normaal is nie, maar dit is dikwels 'n pad wat na 'n ryke en lewendige geloof lei. Verken in hierdie 10-dag leesplan meer oor geloof en twyfel.
More