Wanneer Geloof Faal: 10 Dae Om God In Die Skadu Van Twyfel Te VindVoorbeeld

When Faith Fails: 10 Days Of Finding God In The Shadow Of Doubt

DAG 8 VAN 10

Die verhaal van Jakob wat met God worstel is 'n pragtige uitbeelding van 'n diep geloof. Diepe geloof is 'n intieme, volhardende, lewenslange, sweterige, bloedige, soms ongemaklike en altyd werklike ontmoeting met God. Geloof is nie 'n fyn uitgewerkte draaiboek nie; dit is 'n stoeimat. Dit beteken jy neem al jou vrese, sondes, onsekerhede en twyfel en benader God van aangesig tot aangesig daarmee. Ja, jy sal waarskynlik gekneus en sonder selfvertroue daarvan afkom, maar dis beter om 'n egte deurmekaarspul voor God te wees as 'n onegte godsdienstige persoon.

Geloof beteken om ten volle betrokke te wees.

As jy 'n diepe geloof wil hê, nie slegs die geloof van jou ouers, vriende of kerk nie, maar 'n geloof wat jou verander en lewendig maak, dan is daar geen ander weg nie ... In Galasiërs 6:16, sê Paulus ons is "die ware Israel". Omdat ons geestelike erfenis dus uit mense bestaan wat met God geworstel het, is ons ook geroepe om vegters te wees.

Die enigste wyse waarop die Jakob in ons, Israel, kan word; die enigste wyse waarop ons geloof kan groei, is wanneer ons alles wat ons is, na God toe bring. Heeltemal alles. Dit sluit ook ons twyfel in. Veral ons twyfel ...

Geloof bereik volwassenheid namate dit verby die veilige en voorspelbare beweeg om die donker, twyfel-gevulde plekke in te beweeg. Geloof weier om jou drome na die grootte van jou vrese te verlaag. Geloof kruip nie vir vrae weg nie, maar worstel passievol daarmee ...

Die Skrif gee nie die verhaal weer van mense wat hulle twyfel traag verduur het nie; dit gaan oor mense wat genadeloos teen hul twyfel geveg het. Hulle was vuur en vlam oor 'n geloof wat meer as oppervlakkig, vaag en tweedimensioneel is. Sokrates het gesê: "Die lewe wat nie ondersoekend is nie, is nie die moeite werd om te leef nie." So het ook die skrywers en helde van die Bybel daarop aangedring dat 'n geloof wat nie ondersoekend is nie, nie die moeite werd is om te glo nie.

Ons sien dus hulle het hoofstuk na hoofstuk, vers na vers, in vrymoedigheid, passievol en waagmoedig met God geworstel. Hulle skor stemme het uitgeroep: "Ek sal jou net los as jy my seën!" Hulle het geweet dit sou moeilik en ontstellend wees, maar dat dit elke sekonde die moeite werd sou wees. 

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

When Faith Fails: 10 Days Of Finding God In The Shadow Of Doubt

Om met geloof en twyfel te worstel, kan uiters eensaam en afgesonderd wees. Sommige ly in stilte, terwyl ander hul geloof die rug toekeer, omdat hulle aanneem dat twyfel onversoenbaar met geloof is. Dominic Done glo dit is beide tragies en 'n uiterste wanopvatting. Hy gebruik die Skrif en literatuur wanneer hy aanvoer dat bevraagtekening nie net normaal is nie, maar dit is dikwels 'n pad wat na 'n ryke en lewendige geloof lei. Verken in hierdie 10-dag leesplan meer oor geloof en twyfel.

More

Baie dankie aan HarperCollings wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bit.ly/2Pn4Z0a