Wanneer Geloof Faal: 10 Dae Om God In Die Skadu Van Twyfel Te VindVoorbeeld

When Faith Fails: 10 Days Of Finding God In The Shadow Of Doubt

DAG 4 VAN 10

Ek kan nie anders as om te wonder of ons op die verkeerde manier na die Bybel kyk nie. Dalk was ons so behep daarmee hoe 'n antieke boek al ons geskiedkundige, kulturele, wetenskaplike en morele vrae kan oplos, dat twyfel onvermydelik geword het. Wat as die hoofdoel daarvan egter nie intellektuele sekerheid is nie, maar om ons in 'n florerende verhouding met God te lei?

Dalk moet ons die Bybel minder deur moderne oë sien (hoe is dit redelik?), of deur postmoderne oë (hoe praat dit met my?). Dalk moet ons dit aanvaar vir wat dit is: 'n eienaardige, vreemde, moeilike, uitdagende, inspirerende, uitnodigende, paradigma-ontwrigtende boek wat van elke bladsy af en deur elke verhaal 'n uiteindelike klimaks in die persoon van Jesus bereik.

As dit waar is, sal dit soos enige verhouding, tyd verg.

Ons het deursettingsvermoë nodig om verby die antieke, korserige oppervlak te delf en so die waarheid te ontbloot.

Ons het geweldig baie nederigheid nodig om ons denke te heroriënteer wanneer dit gebeur.

Nietemin, ek vind vrede in die wete dat die Bybelse skrywers ook sy twyfelaars was. Hulle het ook geworstel. Hulle het egter aangehou om op die Emmauspad te loop, want hulle het geglo uiteindelik sou dit alles die moeite werd wees. Hulle was vol hoop dat hulle eendag, op die een of ander manier, hul Messias sou sien.

Dit is wat die Bybel nie slegs iets maak om te vertrou nie, maar ook iets waarvolgens ons kan lewe. 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

When Faith Fails: 10 Days Of Finding God In The Shadow Of Doubt

Om met geloof en twyfel te worstel, kan uiters eensaam en afgesonderd wees. Sommige ly in stilte, terwyl ander hul geloof die rug toekeer, omdat hulle aanneem dat twyfel onversoenbaar met geloof is. Dominic Done glo dit is beide tragies en 'n uiterste wanopvatting. Hy gebruik die Skrif en literatuur wanneer hy aanvoer dat bevraagtekening nie net normaal is nie, maar dit is dikwels 'n pad wat na 'n ryke en lewendige geloof lei. Verken in hierdie 10-dag leesplan meer oor geloof en twyfel.

More

Baie dankie aan HarperCollings wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bit.ly/2Pn4Z0a