Wanneer Geloof Faal: 10 Dae Om God In Die Skadu Van Twyfel Te VindVoorbeeld

When Faith Fails: 10 Days Of Finding God In The Shadow Of Doubt

DAG 6 VAN 10

'n Treurlied is die kreet van 'n verpletterde hart, rou en hoofsaaklik ongenees. Dit tuur na lyding, word teen die stukkende rante gekneus, steier, ween en roep uit om geregtigheid. Treur weerstaan oppervlakkige, verpakte, eenvoudige antwoorde. Dit dring aan op uiterste egtheid en is nie vir onbeantwoorde vrae bang nie. 

'n Treurlied is die lied van 'n siel in twyfel.

Ons leef egter in 'n era waar 'n treurlied dit moeilik het. Ons weet nie hoe om droefheid te hanteer nie. Ons verkies eerder ontkenning. Ons is 'n volk wat meer geneeskundige behandeling as ooit voorheen ontvang. Beelde en verhale van lyding ontstel ons. Ons is deur vermaak en digitale afleiding afgestomp. Ons is dronk van gemak. Wanneer angs ons dring na heftige vrae oor God en die lewe, onderdruk en verberg ons dit. Ons kan dit egter net vir 'n rukkie volhou. Soos 'n rivier wat dreig om sy walle te oorstroom, kan ons die dreigende vloed ontken of in toom probeer hou, of leer hoe om in dieper water te lewe.

Die Skrif is tot oorlopens toe vol van verhale van mans en vroue wat presies dit gedoen het. Hulle het gesien wat om hulle gebeur, die ongeregtigheid by die naam genoem en na God uitgeroep om te verduidelik. Dawid het geskree: "Hoe lank gaan U my nog vergeet, Here?" (Psalm 13:2 AFR83). Jeremia is oorweldig deur die verdrukking wat hy moet aanskou en het God gesmeek om tussenbeide te tree. Job was wanhopig. Jakob het geworstel. Moses het uitgedaag. Abraham was in vertwyfeling. Maria het bevraagteken. Jesus het geween.

Treur is nie die teenoorgestelde van geloof nie; dit is hoe geloof lyk wanneer dit droefheid nader. Hoe meer passievol ons in God se goedheid glo, hoe meer passievol maak ons beswaar wanneer sy goedheid verborge is.

Dit is hoekom Jesus by die graf van sy vriend gehuil het.

Jy kan maar uiting aan jou eensaamheid gee. Jy kan maar jou klagtes uitskree. Jy mag maar kwaad wees.

Dit maak nie saak dat jy nie al die antwoorde het nie.

God hardloop nog steeds na ons toe, omhels ons en huil daar saam met ons. Dan, deur ons trane, let ons op dat die huilende Een, letsels op sy hande het. Sy liggaam is gebroke. Sy gesig is ontsier.

Ons besef dan Hy het ook gely. 

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

When Faith Fails: 10 Days Of Finding God In The Shadow Of Doubt

Om met geloof en twyfel te worstel, kan uiters eensaam en afgesonderd wees. Sommige ly in stilte, terwyl ander hul geloof die rug toekeer, omdat hulle aanneem dat twyfel onversoenbaar met geloof is. Dominic Done glo dit is beide tragies en 'n uiterste wanopvatting. Hy gebruik die Skrif en literatuur wanneer hy aanvoer dat bevraagtekening nie net normaal is nie, maar dit is dikwels 'n pad wat na 'n ryke en lewendige geloof lei. Verken in hierdie 10-dag leesplan meer oor geloof en twyfel.

More

Baie dankie aan HarperCollings wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bit.ly/2Pn4Z0a