Wanneer Geloof Faal: 10 Dae Om God In Die Skadu Van Twyfel Te VindVoorbeeld

When Faith Fails: 10 Days Of Finding God In The Shadow Of Doubt

DAG 9 VAN 10

Die hartewens van God is en sal altyd wees dat die kerk as 'n familie moet saamleef. Dit is by die kerk waar ons saam worstel, ons verwonder, aanbid en twyfel. Dit is by die kerk waarheen ons al die skrapnel van ons verlede bring en heling, aanvaarding en genade vind. Dit is by die kerk waar gebrokenes ontdek hulle is nie alleen nie. Dit was God se visie toe Hy in Handelinge 2 sy Gees oor die kerk uitgestort het. Dit is ook God se visie vir jou.

Dit is waar dat baie kerke dit nie juis reggekry het om hierdie visie uit te leef nie. Dit is ook waar dat daar oneindig baie moet verander, maar jy kan daardie verandering wees.

Jy is die kerk.

Kerk is nie 'n gebou nie, maar 'n gemeenskap van mense wat saam die weg van Jesus navolg. Dit beteken om nader te beweeg aan enigiets wat goed, mooi en onseker oor geloof is — en na mekaar. Dit beteken om hand aan hand deur ons twyfel te stry.

In Matteus 26, slegs ure voor sy dood, het Jesus met sy vriende om 'n tafel gesit. Hulle het gesing en gebid. Hy het die brood gebreek; Hy het 'n beker geneem en die wyn aangegee. Hy sê toe: "Dit is my liggaam; dit is my bloed. Eet en drink dit ter herinnering aan My." Om die tafel het 'n uiteenlopende groep mense gesit met ernstige probleme, twyfel, foute en sommige wat met hul geloof geworstel het.

Tog het Jesus hulle almal verwelkom. Hy het sy gebroke liggaam met hulle gedeel. Hy het hulle 'n plek aan die tafel gebied.

Waar het jy so 'n gemeenskap? Wie is die mense om jou tafel wat jou in die afgesonderde plekke van hul lewens toelaat? Hoe kan jy jou gebrokenheid met hulle deel?

Jy hoef nie twyfel alleen te verduur nie ...

As jy met twyfel worstel, het jy 'n gemeenskap nodig.

Dit is ook nie net ter wille van jou nie; maar ook ter wille van ander. Al worstel jy nie self met twyfel nie, is dit moontlik die geval met ander naby jou. Hulle het jou nodig. Hulle smag na jou gebede, gewillige oor en bemoediging. Die woord bemoedig beteken letterlik "om moed te gee". Jy het die krag om moed met iemand te deel wat in hul geloof kwyn. Een van die mees bemagtigende dinge wat jy aan 'n vriend in twyfel kan sê, is: "Ek sal jou hierdeur liefhê". Hulle het jou nodig. Hulle het jou teenwoordigheid nodig. Ook jou krag en jou wonde. 

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

When Faith Fails: 10 Days Of Finding God In The Shadow Of Doubt

Om met geloof en twyfel te worstel, kan uiters eensaam en afgesonderd wees. Sommige ly in stilte, terwyl ander hul geloof die rug toekeer, omdat hulle aanneem dat twyfel onversoenbaar met geloof is. Dominic Done glo dit is beide tragies en 'n uiterste wanopvatting. Hy gebruik die Skrif en literatuur wanneer hy aanvoer dat bevraagtekening nie net normaal is nie, maar dit is dikwels 'n pad wat na 'n ryke en lewendige geloof lei. Verken in hierdie 10-dag leesplan meer oor geloof en twyfel.

More

Baie dankie aan HarperCollings wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bit.ly/2Pn4Z0a