Wanneer Geloof Faal: 10 Dae Om God In Die Skadu Van Twyfel Te VindVoorbeeld

When Faith Fails: 10 Days Of Finding God In The Shadow Of Doubt

DAG 1 VAN 10

Omdat ons in 'n wêreld met grense lewe, twyfel ons.

Omdat ons nie al die antwoorde het nie, ontstaan daar vanselfsprekend vrae:

Hoe is God? Hoe kan ek Hom leer ken? Wat is die doel van die lewe? In watter rigting moet ek gaan?

'n Naamlose veertiende-eeuse mistikus het eenmaal gesê ons bevind onsself "in 'n wolk van onkunde". Dit is hoekom ons twyfel. Ons sien nie altyd die lug nie.

Waaraan ons egter hier herinner moet word, is dat dit alles deel van God se plan is. Hy het dit doelbewus so gemaak. Hy het perke in sy stelsel ingebou. Dit was nie 'n ongeluk nie. Hy het geweet ons sal met so baie onbekende moet saamleef. Tog het Hy verkies dat die mens se verhaal so moet lyk ... Toe God besluit het om te skep, kon Hy op duisende ander moontlikhede besluit het, maar Hy het nie. Hy het op hierdie wêreld besluit. Hy het vir jou en my gekies. Beperkinge en al. En Hy het dit nog steeds "goed" genoem.

Al hierdie dinge beteken dat twyfel normaal is.

Twyfel is 'n natuurlike gevolg daarvan om in hierdie wêreld te leef.

Jy twyfel nie omdat jy so 'n aaklige mens is of omdat jy minder geestelik as ander is nie. Jy twyfel omdat jy menslik is.

Dit is belangrik, want so baie Christene sien twyfel as 'n onuitspreeklike, afstootlike sonde ...

God het nie vir Adam en Eva met al die antwoorde op die lewe se moeilikste vrae geskep nie. Inteendeel, Hy het aan hulle ruimte toegelaat om self te ondersoek, te bevraagteken en te leer. Hy het 'n tuin gekweek waarin misterie en geloof saam kan bestaan. Dit beteken wanneer ons twyfel, is ons nie vir God 'n teleurstelling nie; dis omdat twyfel 'n natuurlike reaksie op ons beperkte begrip is ...

Geloof gaan nie oor beperking nie, maar oor moontlikhede. Geloof is soos vel-teen-vel nabyheid, verwantskap, verhouding. Om egter daarby uit te kom, moet die dinge waarvan ons seker is, soms verpletter word. Ons formules moet ontwrig word en ons vrae onbeantwoord. Dit is juis daar, in die dieptes van verhouding, wat ons nie 'n lys van godsdienstige gesegdes teëkom nie, maar 'n Persoon. 'n Vriendskap word gebore. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

When Faith Fails: 10 Days Of Finding God In The Shadow Of Doubt

Om met geloof en twyfel te worstel, kan uiters eensaam en afgesonderd wees. Sommige ly in stilte, terwyl ander hul geloof die rug toekeer, omdat hulle aanneem dat twyfel onversoenbaar met geloof is. Dominic Done glo dit is beide tragies en 'n uiterste wanopvatting. Hy gebruik die Skrif en literatuur wanneer hy aanvoer dat bevraagtekening nie net normaal is nie, maar dit is dikwels 'n pad wat na 'n ryke en lewendige geloof lei. Verken in hierdie 10-dag leesplan meer oor geloof en twyfel.

More

Baie dankie aan HarperCollings wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bit.ly/2Pn4Z0a