Wanneer Geloof Faal: 10 Dae Om God In Die Skadu Van Twyfel Te VindVoorbeeld
Wat as ek verkeerd is?
Sommige vertolk hierdie vraag as 'n aanval op geloof. Wat as hierdie oomblik egter die grootste geleentheid vir geloof is? Dalk moet ons juis uitgedaag word om ons menings en oortuigings te ondersoek en te hernu. Miskien dra die druk wat ons as volgelinge van Jesus voel, juis by om genade te kweek teenoor diegene wat worstel om te glo en skep dit ruimte vir 'n lewendiger en kultureel-betrokke geloof om te groei.
Die volk van God het geskiedkundig, altyd 'n stem in ballingskap gevind. Dit is ook die omstandighede waaronder 'n groot deel van die Bybel geskryf is. Dit is hoe rewolusies begin. Identiteit word gebore gedurende die pyn van uitsluiting. Wanneer identiteit eers ontdek word, die uniekheid, andersheid en prag van vertellings wat weerlê is, herstel 'n ongelowige wêreld.
As dit waar is, beteken dit ons hoef nie paniekerig te raak wanneer die wêreld twyfel in ons rigting gooi nie. Daar is niks om voor bang te wees nie. Ons hoef ook nie bang te wees wanneer ons twyfel van enige aard of enige bron teëkom nie. Of dit nou weens kultuurdruk, tragiese lewensomstandighede, wisselende emosie, groeipyne as gevolg van geestelike vorming of verborge innerlike angs is; wanneer twyfel jou reis onderbreek, moet jy die moontlikheid insien dat dit jou vorentoe laat beweeg op maniere soos nog nooit voorheen nie.
Twyfel is nie die einde van 'n verhaal nie; dit is die spanning daarin. Twyfel is die onverwagse misterie; 'n onopgeloste, talmende vraag. Twyfel is wanneer jy vasgenael op die randjie van jou stoel sit, ongekoude springmielies in jou oop mond, klouende aan die arm van die ou langs jou, 'n onvermoë om jou oë van die skerm weg te neem, al wens jy jy kon.
Twyfel oefen druk op jou uit om jou lewensverhaal weer in oënskou te neem. Wat is jou waardes? Wat glo jy regtig? In watter rigting wil jy beweeg? Soos water tussen twee rivieroewers, skep twyfel die ruimte vir uiteenlopende resultate. Jy kan na of weg van God af swem. Jy kan na geloof of ongeloof reik. Die keuse is joune. Eintlik is twyfel neutraal; dit is wat jy daarmee doen wat saak maak.
Aangaande hierdie leesplan
Om met geloof en twyfel te worstel, kan uiters eensaam en afgesonderd wees. Sommige ly in stilte, terwyl ander hul geloof die rug toekeer, omdat hulle aanneem dat twyfel onversoenbaar met geloof is. Dominic Done glo dit is beide tragies en 'n uiterste wanopvatting. Hy gebruik die Skrif en literatuur wanneer hy aanvoer dat bevraagtekening nie net normaal is nie, maar dit is dikwels 'n pad wat na 'n ryke en lewendige geloof lei. Verken in hierdie 10-dag leesplan meer oor geloof en twyfel.
More