Wanneer Geloof Faal: 10 Dae Om God In Die Skadu Van Twyfel Te VindVoorbeeld

When Faith Fails: 10 Days Of Finding God In The Shadow Of Doubt

DAG 5 VAN 10

God is nie die God van gapings nie. Hy is die God van absoluut alles. Alles wat ons weet en wat ons nie weet nie. Dit alles is deel van sy plan. Skryf alles neer wat jy van die wetenskap weet en plaas 'n vraagteken agter alles wat jy nie weet nie. Trek dan 'n massiewe sirkel daarom. Dit is God. Die heelal is gekompliseerd, raaiselagtig en vol geheime omdat Hy dit so gemaak het. Toe gee Hy dit vir ons.

Alles is joune.

God is daar binne, rondom, bo, onder en ver verby die wetenskap. 'n Wetenskaplike ontdekking ontken net so min die bestaan van God as wat die begrip hoe 'n iPhone werk die bestaan van Tim Cook ontken ...

Dit is so belangrik. Die wetenskap verduidelik nie wie God is nie. Dit wys ons net hoe kreatief en beeldskoon Hy is.

Wat as dit egter lyk of daar 'n duidelike teenstrydigheid tussen die Woord van God en die wêreld van God is?

Kyk 'n bietjie van nader. Stel verder ondersoek in. Delf dieper. Doen navraag. Wag. Bestudeer. Lees. Vra vrae. Wees ontvanklik daarvoor dat jou ontleding van die Skrif (of die wetenskap) verkeerd is. Moenie jou geloof verlaat nie. Moenie wat jy die liefste het, prysgee vir dit waarvan jy die minste weet nie. Aanvaar die wonder van die onbekende. Sit rustig in die spanning en wees tevrede met die geheimsinnige.

Wie weet, die raaisel word dalk eendag opgelos en jy ontdek daar was dalk nooit 'n teenstrydigheid nie. 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

When Faith Fails: 10 Days Of Finding God In The Shadow Of Doubt

Om met geloof en twyfel te worstel, kan uiters eensaam en afgesonderd wees. Sommige ly in stilte, terwyl ander hul geloof die rug toekeer, omdat hulle aanneem dat twyfel onversoenbaar met geloof is. Dominic Done glo dit is beide tragies en 'n uiterste wanopvatting. Hy gebruik die Skrif en literatuur wanneer hy aanvoer dat bevraagtekening nie net normaal is nie, maar dit is dikwels 'n pad wat na 'n ryke en lewendige geloof lei. Verken in hierdie 10-dag leesplan meer oor geloof en twyfel.

More

Baie dankie aan HarperCollings wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bit.ly/2Pn4Z0a