Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld
Lees: Psalms 118:5-7, Johannes 17-9-19, Psalms 34:5
SOAP: Psalms 118:5-7
Daar was 'n toneel in 'n televisieprogram waar 'n seun probeer het om alleen 'n muur te bou. Daar was baie ander mense wat gereed was om hom te help, maar die skoolhoof wou hulle nie toelaat totdat die seun vir hulle hulp kom vra het nie. Nadat die kind gehawend en uitgeput was, het hy uiteindelik die woord “help” uitgeroep. Dadelik het die skoolhoof gesê, “Nou gaan ons.”
So dikwels probeer ons om voor God ons eie lewens te probeer regkry en dink ons dat Hy moet toekyk, eerder as om ons te help. Ons het die verkeerde beeld van wie God is. Hy is nie 'n veroordelende skoolhoof wat ons in 'n skoolprojek wil laat druip nie. Inteendeel, Hy is ons liefdevolle Vader wat aan ons kant is. Hy wil ons help wanneer ons in die moeilikheid is.
In Jesus se laaste ure op aarde, het Hy vir ons gebid. Hy het gebid vir ons eenheid en Hy het gebid vir ons beskerming. Hy het die Vader gevra dat ons die waarheid mag ken en vreugde mag hê. Hierdie gebed moet ons as gelowiges groot hoop gee.
Hoe gee dit jou hoop in tye van vrees om te weet dat God jou hulp is? Die Here is hier om ons te antwoord wanneer ons roep. Ons moet onthou om die Here in geloof aan te roep. Hy wil hê dat ons na Hom toe moet kom. Wat weerhou jou om Hom om hulp te vra?
Vader God, dankie dat U vir my so liefhet dat U gewillig is om my te help, ongeag van die moeilikheid waarin ek my bevind. Ek loof U dat U nooit te ver weg is om my te hoor huil nie. Dankie dat Jesus vir my gebid het selfs toe Hy die kruis in die gesig gestaar het. Help my om U aan te roep om hulp wanneer ek bang is. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk om hulp, sal ons vryheid en vrede vind. Met God aan ons sy en sy Woord in ons harte en gedagtes, sal ons oorwin!
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com |