Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

DAG 41 VAN 41

Oordenkingsvrae:

1. In Efesiërs 6 word ons geleer om die wapenrusting van God aan te trek, omdat ons soldate is wat veg teen sonde en die kwaad. Hoe help die verskillende dele van die wapenrusting ons om vrees en bekommernis te beveg? 

2. Wat beteken dit om jou planne aan die Here oor te laat?

3. Gee voorbeelde van hoe ons kwaad met goed kan oorwin. Hoe kan ons ook vrees met wat goed is, oorwin? 

4. Dit is maklik om te lees en te praat oor al die dinge wat ons moet doen, maar Jakobus herinner ons dat ons daders van die woord moet wees. Hoekom is dit belangrik?

5. Uiteindelik word vrees verdryf wanneer ons God vertrou. Hoe kan ons in ons geloof groei; en hoe word sonde deur 'n sterk geloof vernietig?

Dag 40

Aangaande hierdie leesplan

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk om hulp, sal ons vryheid en vrede vind. Met God aan ons sy en sy Woord in ons harte en gedagtes, sal ons oorwin!

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com