Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

DAG 38 VAN 41

Lees: Romeine 12:21

SOAP: Romeine 12:21

As jy vir 'n paar minute na die nuus kyk, word dit duidelik dat daar euwels in die wêreld is. Ons kan verlei word om te maak asof dit nie bestaan nie, of ons kan in nederlaag oorgee. Dit is egter nie die reaksie wat God wil hê nie.

Romeine 12:21 vertel ons om nie deur die kwaad oorwin te word nie. Ons moet nie toelaat dat die kwaad ons oorweldig of ons vreugde steel nie. Inteendeel, ons moet die oorhand daaroor kry deur die krag van Christus te weerspieël op die manier hoe ons leef. Lig deurdring die duisternis. Net so bedek liefde 'n magdom sondes. 

Hoe kan jy hierdie week goedheid aan jou gemeenskap bewys? Moet nie toelaat dat die kwaad van die wêreld jou ontmoedig om van die liefde van Christus met ander te deel nie. God het jou hier geplaas om goed te doen en om Hom te eer. Ons kan die kwaad oorwin deur koersvas te bly en te vertrou in die Here wat ons krag gee. 

Vader God, dankie vir die waarheid dat U ons groot Oorwinnaar is. Ek loof U dat U my die vermoë gegee het om die kwaad met die goeie te oorwin. Dankie dat U my gevegte saam met my veg. Help my om altyd te onthou dat U by my is. Help my om die lig van Christus oral waar ek heengaan te laat skyn. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 37Dag 39

Aangaande hierdie leesplan

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk om hulp, sal ons vryheid en vrede vind. Met God aan ons sy en sy Woord in ons harte en gedagtes, sal ons oorwin!

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com