Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

DAG 39 VAN 41

Lees: Jakobus 1:22-25, Filippense 4:9

SOAP: Jakobus 1:22-23

Ons het gedurende hierdie studie na verskeie sleutelverse in die Skrif gekyk wat ons sal help in die tye wanneer ons vrees en angs ervaar. Ons het weke daaraan gewy om na te dink oor God se Woord en op sy beloftes te staan. Maar, as ons nie ag slaan op sy Woord nie, was ons ywer verniet. 

Die Bybel verwys na die belangrikheid dat ons geloof in aksie moet oorgaan. As ons net luister na wat God sê en dit nie doen nie, is daar geen verandering in ons lewe nie. As ons dit wat ons leer uitoefen, ervaar ons God se seëninge. Ons begin om te groei in ons verhouding met Christus en ons begrip verander. Ons begin vrede ervaar.

Om op God se Woord tot aksie oor te gaan, vereis geloof, maar die Here het ons toegerus om die eerste tree te neem. Hy is die hele tyd by ons. Hy wys die weg aan. 

Watter tree moet jy in die geloof neem? Jy mag dalk bang wees om in geloof op te tree, maar God se vrede sal met jou wees terwyl jy voortgaan. 

Vader God, gee my die moed om in geloof te wandel en U te vertrou. Gee my U vrede terwyl ek u planne vir my vertrou. Beskerm my hart. Help my om meer as 'n hoorder van u Woord te wees. Gee my die krag wat ek nodig het om die volgende tree te neem. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 38Dag 40

Aangaande hierdie leesplan

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk om hulp, sal ons vryheid en vrede vind. Met God aan ons sy en sy Woord in ons harte en gedagtes, sal ons oorwin!

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com