Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld
Lees: Spreuke 3:5-8, Romeine 16:20
SOAP: Spreuke 3:5-8
Terwyl ons hierdie studie oor vrees en angs voltooi, het ons dalk nie al die antwoorde oor hoekom ons tye van vrees beleef, of hoekom ons angs ervaar nie. Maar ons weet dat ons 'n God dien wat ons oneindig liefhet. Hy het 'n plan vir ons lewens gehad nog voordat ons gebore is.
Ons verantwoordelikheid is om Hom te vertrou, self wanneer ons nie ons omstandighede verstaan nie. Ons moet Hom erken as ons almagtige Here, wat mag oor alles het. Wanneer ons in Hom vertrou, vernuwe dit ons geloof. Dit gee ons hoop en 'n nuwe perspektief.
Hoe het jy in die afgelope ses weke 'n nuwe perspektief ervaar? Watter aspek van jou verhouding met die Here het gegroei? Wanneer jy in die toekoms moeilike tye ervaar, vertrou in God se karakter eerder as in jou begrip, terwyl jy voortgaan om in geloof te wandel.
Vader God, dankie vir u wysheid en u genade. Dankie hoe U my treë lei, selfs in moeilike omstandighede. Dankie vir vreugde wat net U kan gee. Help my om aan te hou om in geloof te wandel soos my vertroue in U ontwikkel. Dankie vir u Seun, in wie ek my vrede vind. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk om hulp, sal ons vryheid en vrede vind. Met God aan ons sy en sy Woord in ons harte en gedagtes, sal ons oorwin!
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com |