Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

DAG 37 VAN 41

Lees: Spreuke 16:3

SOAP: Spreuke 16:3   

Wanneer laas het jy jou dag begin met 'n totale oorgawe aan die Here? Dikwels maak ons alarms ons wakker asof ons aan die begin van 'n hindernisresies is. Ongeag hoe goed dit bedoel is, plig, verantwoordelikheid en skedules dikteer ons aktiwiteite. Voordat ons dit besef, is dit tyd om die kalender na die volgende maand toe oor te slaan. Ons het oorleef, maar ons het nie floreer nie.

Spreuke 16:3 herinner ons om ons werk aan die Here toe te wy. Wanneer ons doelbewus alles wat ons doen aan Hom toewy, leef ons meer doelgerig. Die vers eindig deur ons te wys dat deur dit te doen, sal ons voornemens geluk. God sal ons help om ons lewens te prioritiseer en elke volgende tree te beplan. Ons moet Hom eenvoudig toelaat om ons te help. Deur elke dag tyd met Hom deur te bring, wys ons aan God dat ons verhouding met Hom vir ons belangrik is. Wanneer ons onsself toelaat om stil te word in gebed en deur sy Woord te lees, sal ons wysheid bekom om verstandige keuses te maak. 

Hoe kan dit jou help om angs te oorkom as jy jou skedule herorganiseer om jou verhouding met God eerste te plaas? Die Here wil hê dat ons 'n spanningsvrye lewe moet lei, en Hy is hier om ons te help om ons prioriteite en perspektiewe reg te stel. 

Vader God, dankie dat U my so liefhet dat U tyd met my wil deurbring. Dankie dat U die beste vir my wil hê. Ek bid dat U my sal help om U eerste te stel. Vergewe my vir die tye wat ek ander dinge voor U gestel het. Help my om alles wat ek doen aan U toe te vertrou, sodat ek U kan eer in alles wat ek doen. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 36Dag 38

Aangaande hierdie leesplan

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk om hulp, sal ons vryheid en vrede vind. Met God aan ons sy en sy Woord in ons harte en gedagtes, sal ons oorwin!

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com