Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld
Lees: Spreuke 15:4, Efesiërs 4:25-32, Matteus 15:11
SOAP: Spreuke 15:4
Ons het al almal die frase: “As jy nie iets goeds kan sê nie, moet niks sê nie” gehoor. Miskien bewys die Skrif dat Ma reg was. Wanneer ons emosies in beheer is, vergeet ons dikwels om te waak oor wat ons sê. Ons haal ons angstigheid op onskuldige mense uit.
Efesiërs waarsku ons oor die effek wat emosies op ons woorde en aksies het. Paulus vertel ons dat ons kwaad kan wees, maar dat ons nie moet sondig nie (Efesiërs 4:26). Hierdie aanhaling van Psalm 4:5 is 'n herinnering vir ons om ons emosies binne te hou eerder as om toe te laat dat dit ons dade beheer. Ons woorde moet 'n meganisme wees om op te bou, eerder as om af te breek. Jesus herinner ook sy volgelinge van die belangrikheid van hulle woorde.
Deur tyd te neem om die Gees toe te laat om tot ons en deur ons te spreek voordat ons reageer, veral wanneer ons oorweldig voel, help ons om met sagtheid te antwoord. Deur dit te doen, sal ons woorde van genade uitspreek, in plaas van woorde van onguns.
Hoe het emosies in die verlede jou reaksie teenoor ander mense gedryf? Op watter manier kan jy keer dat vrees in die toekoms jou woorde beheer? God wil hê dat ons werktuie van sy liefde en barmhartigheid moet wees. Ons monde is die kanaal waardeur ons sy boodskap aan die wêreld bring.
Vader God, ek dank U vir u genade. Help my woorde om elke dag u genade aan die wêreld om my uit te spreek. Ek bid dat U my sal help om my emosies te beheer, sodat ek U akkuraat in my lewe kan reflekteer. Vergewe my vir die tye wat ek toegelaat het dat vrees my spraak domineer. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk om hulp, sal ons vryheid en vrede vind. Met God aan ons sy en sy Woord in ons harte en gedagtes, sal ons oorwin!
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com |