Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld
Lees: Filippense 4:6-7, 1 Tessalonisense 5:17
SOAP: Filippense 4:6
As ons eerlik is, sal ons erken dat daar tye in ons lewens was toe ons nie wou bid nie, of gevoel het dat ons nie kan bid nie. Ons hartseer, emosie, angs of vrees was so oorweldigend dat ons eenvoudig nie die krag of die woorde gehad het om na God in gebed te gaan nie.
In hierdie tye gee God ons hulp wanneer ons voel of ons nie kan bid nie. Hy gee ons die Heilige Gees om vir ons te pleit (Romeine 8:26). God wil ons lofprysinge en ons klagtes hoor (Psalms 55:17-18). Sy begeerte is om ons harte te ken.
Wanneer jy in gebed na God toe gaan, is die resultaat sy teenwoordigheid en sy vrede. Ons moenie bang wees dat ons nie gereed is om na God toe te gaan nie. Hy is altyd gereed om ons te ontvang. Christus maak ons gereed om ontvang te word, al is ons gebroke.
Wat weerhou jou daarvan om met jou bekommernisse na God toe te gaan? Jou hemelse Vader wil hê dat jy met alles na Hom toe sal kom. Hy wil graag jou hart hoor. Wat moet jy vandag na die voet van die kruis neem?
Vader God, dankie dat U my toegang tot U gegee het deur u Seun, Jesus. Dankie dat ek moeg en gebroke na U kan kom. Help my om vandag my hart aan U uit te stort, Here. As ek nie die woorde het nie, gee my u Gees om my stem te vind. Dankie dat U my deur alles liefhet. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk om hulp, sal ons vryheid en vrede vind. Met God aan ons sy en sy Woord in ons harte en gedagtes, sal ons oorwin!
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com |