Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

DAG 31 VAN 41

Lees: Kolossense 3:17, 1 Tessalonisense 5:18, Psalms 69:31

SOAP: Kolossense 3:17

Daar is sommige dae wat ons eenvoudig nie dankbaar voel nie. Die verlies van 'n werk, 'n siekte of 'n probleem in 'n verhouding het ons emosies in 'n warboel. Ons voel eerlikwaar dat God vir ons meer gegee het as wat ons kan dra. Hoe verklaar ons woorde van dankbaarheid gedurende tydperke wanneer ons eenvoudig net wil sê: “Dankie vir niks nie.”

1 Tessalonisense 5:18 sê dat ons in alle omstandighede dankbaar moet wees. Wanneer ons in alle omstandighede dankbaar is, herken ons dat God steeds in alle dinge op sy troon is. Op 'n reënerige dag, het Hy steeds die son laat opkom, alhoewel ons dit nie deur die wolke kan sien nie. Wanneer ons probleme met ons gesondheid het, kan ons vertrou dat ons eendag genees sal word. Hier op aarde is ons perspektief beperk. Dus kyk ons dikwels kortsigtig na ons omstandighede.  

Wanneer ons God dank, herken ons hoe groot Hy is. Ons eer wat Hy doen en wat Hy in ons lewens sal doen. Ons danksegging dien as 'n getuienis vir ander. Dit is dikwels wanneer ons in tye van skaarsheid dankbaar is, dat ander ons vreugde raaksien. Deur 'n lewensstyl van dankbaarheid in te neem, lei ons om minder angstig te wees, want ons begin herken hoe baie ons God voorsien. 

Hoe dikwels dank jy elke dag vir God? Hoe kan jy danksegging in jou lewensstyl implementeer? God verdien ons dankbaarheid in alle dinge. 

Vader God, dankie dat U altyd weet wat die beste vir my is. Dankie vir u leiding. Dankie vir u wysheid. Help my om te verstaan dat ek altyd iets sal hê om oor dankbaar te wees, ongeag van wat in my lewe gebeur. Dankie vir Jesus, u kosbaarste geskenk. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 30Dag 32

Aangaande hierdie leesplan

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk om hulp, sal ons vryheid en vrede vind. Met God aan ons sy en sy Woord in ons harte en gedagtes, sal ons oorwin!

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com