Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld
Lees: Filippense 4:19, Jesaja 40:29-31, Hebreërs 10:19-23
SOAP: Filippense 4:19
Sedert die skepping, was God getrou om sy beloftes aan die mensdom te hou. Wanneer ons oorweldig voel, vergeet ons soms van al die kere wat God sy woord gehou het. Reg deur die Bybel vra die Here sy mense om terug te gaan en sy Woord en sy werke te onthou. Ons liefdevolle Vader besef dat ons in ons swakheid, vergeet. Dus herinner Hy ons sagkens van sy beloftes.
God het belowe om in elke behoefte van ons te voorsien in Christus. Deur Jesus het ons die vertroue om na ons hemelse Vader te kom selfs in ons mees kwesbare toestand. Ons hoef nie bang te wees vir 'n straf of verwerping of dat ons nie gehoor sal word nie. Ons kan rus vind in die krag van ons Here.
Dit is goeie nuus! Omdat ons vergeetagtig is, moet ons onsself gereeld aan hierdie beloftes herinner. Die memorisering van Skrifgedeeltes help ons om God se toewyding aan ons na aan ons harte te ken. Dan kan ons dit onthou wanneer ons versekering die meeste nodig het.
Hoe dikwels verklaar jy God se beloftes in jou lewe om jou hart te beskerm teen die dreigemente van die wêreld? Probeer om elke dag tyd deur te bring om na te dink oor 'n belofte wat ons hemelse Vader jou gegee het. Hy het jou lief en wil hê dat jy van alles sal weet wat Hy belowe het om vir jou te doen.
Vader God, dankie dat U my so liefhet dat u Uself aan my sou toevertrou. Dankie dat U my die versekering gee deur 'n verbondsverhouding met U deur Christus. Help my om elke dag U beloftes aan my te onthou, en laat my toe om in vertroue te wandel as gevolg daarvan. Ek loof U vir u getrouheid. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk om hulp, sal ons vryheid en vrede vind. Met God aan ons sy en sy Woord in ons harte en gedagtes, sal ons oorwin!
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com |