Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

DAG 29 VAN 41

Lees: Filippense 4:4-7, 1 Tessalonisense 5:16, Handelinge 16:25-26

SOAP: Filippense 4:4

Ons mag dit nie altyd glo nie, maar ons het altyd iets om oor bly te wees. Paulus herinner ons daaraan hoe ons altyd bly moet wees. Hy het hierdie beginsel uitgeleef.  

In Handelinge 16, is Paulus en Silas in die tronk vir hulle geloof. Alhoewel hulle in kettings was, het hulle voortgegaan om lofliedere tot God te sing. Die ander gevangenes het na hulle stemme geluister as 'n getuienis van hulle geloof. God het gereageer op hulle geloof en die fondamente van die tronkmure geskud. Deur hierdie gebeurtenis, het die tronkbewaarder en sy familie tot geloof in Christus gekom.  

Ons lofprysing deur pyn bevestig nie net ons eie geloof nie, maar dit dien ook as 'n oortuigende getuienis aan ander. Die resultaat van ons getrouheid is dalk nie so 'n grensverskuiwende ervaring soos Paulus s'n nie, maar God belowe ons dat Hy vir ons vrede sal gee. Ons woorde van lofprysing val nie op dowe ore nie. Dit bring eer aan die God wat ons in alle dinge dra.

Watter woorde van lofprysing moet jy vandag aan jou hemelse Vader bring? Ons moet in alle dinge na Hom toe kom met 'n gesindheid van danksegging. Wanneer ons dit doen, kom ons tot die besef met hoe baie God ons in ons lewens geseën het. 

Vader God, dankie dat U vir my hierdie dag gegee het om U te loof. U het my hierdie asemhaling gegee en hierdie lewe wat ek leef. Alles wat ek het is 'n geskenk van U. Help my om te groei in dankbaarheid. Dankie vir die geskenk van u Seun, in wie ek lewe het. Vergewe my wanneer ek U as vanselfsprekend aanvaar. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 28Dag 30

Aangaande hierdie leesplan

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk om hulp, sal ons vryheid en vrede vind. Met God aan ons sy en sy Woord in ons harte en gedagtes, sal ons oorwin!

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com