Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld
Lees: Jesaja 41:13-14, Jesaja 43:1-2
SOAP: Jesaja 43:1-2
Het jy al ooit gesien hoe 'n ma haar kind se hand vashou en die kind lei in 'n plek met baie mense? As jy deur 'n besige lughawe loop sal jy dit dikwels sien. Die kind maak staat op sy ma om deur die chaos te navigeer.
Soms moet ons deur diep waters gaan. Maar ons Skepper God belowe om saam met ons te wees as ons deur die water gaan. Ons hoef nie te voel asof ons in wanhoop verdrink nie, want ons hemelse Vader hou ons staande. Hy het ons hand in Syne.
Wanneer die Skrif praat oor verlossing, dui dit vryheid aan. Deur Christus het God ons vrygemaak van dood, van skuld en van vrees. Ons het lewe, hoop en vreugde as gevolg van Jesus. Daarom kan ons leef en asemhaal, ongeag van watter omstandighede mag plaasvind. Jesus het die hoogste prys betaal. Ons behoort aan God.
Hoe help die wete dat jy aan God behoort jou om tye van vrees te oorkom? God sal saam met jou wandel deur die beproewinge en die chaos. Hy sal die weg aanwys. Ons moet vashou aan ons Verlosser.
Vader God, dankie dat U u Seun gestuur het om die prys vir my sondes te betaal. Dankie dat U my in 'n verhouding met U roep. Help my om U te vertrou in tye wanneer ek nie verstaan nie. Help my om te sien hoe U in die chaos aan die werk is. Wys my U waarheid deur u Woord. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk om hulp, sal ons vryheid en vrede vind. Met God aan ons sy en sy Woord in ons harte en gedagtes, sal ons oorwin!
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com |