Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

DAG 24 VAN 41

Lees: Deuteronomium 31:6, Psalms 23:4

SOAP: Deuteronomium 31:6

Vrees en angs manifesteer somtyds uit alleenheid. Ons glo dat niemand verstaan wat ons deurgaan nie en dat ons heeltemal alleen in ons omstandighede is. Ons teksverse vir vandag wys ons dat ons nie alleen is nie.

Net voor die Israeliete in die beloofde land ingegaan het, het Moses hulle herinner om nie bang te wees vir die vyande wat hulle sou teëkom nie, omdat die Here met hulle sal wees. Hy sou hulle nie in die steek laat of alleen laat nie. Onthou, dit was nadat hulle getwyfel het en Hy vir hulle vir veertig jaar in die woestyn voorsien het. God het aangehou om met sy volk te wandel. 

As 'n herder en 'n koning wat gevlug het, het Dawid alleenheid verstaan. Nogtans het hy die mees kalmerende woorde van die Bybel geskryf. Hy het God se teenwoordigheid in sy lewe herken en verstaan dat God sy troos sal wees, ongeag van watter omstandighede mag plaasvind. 

Hoe het jy jouself in tye van vrees toegelaat om op God se teenwoordigheid te leun? God belowe dat Hy ons nooit sal verlaat nie, maak nie saak wat nie. Ons kan vandag op sy belofte vertrou. 

Vader God, ek dank U vir u teenwoordigheid. Help my om vandag u teenwoordigheid in my lewe te ervaar. Mag u Gees my troos en vrede gee. Help my om sterk en dapper te wees wanneer ek swak en bang voel. Dankie dat U my u Seun gegee het as die volmaakte voorbeeld van gehoorsaamheid. In die Naam van Jesus. Amen. 

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk om hulp, sal ons vryheid en vrede vind. Met God aan ons sy en sy Woord in ons harte en gedagtes, sal ons oorwin!

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com