YouVersion Logo
Search Icon

Bemoediging Uit Die WoordSample

Bemoediging Uit Die Woord

DAY 10 OF 10

Psalm 118:5

"Uit die benoudheid het ek die Here aangeroep; die Here het my verhoor in die ruimte."

  • Wanneer ons in nood roep, kom dit uit ons harte en raak dit God se hart. 
  • Hy hoor ons angs, hoor ons geroep en verhoor ons gebede. 
  • Ons mag uit ons nood roep, maar as die antwoord kom, hoe soet is dit nie. 
  • Die Here sal toesien dat jy van benoudheid na ‘n plek van seën beweeg.

Gebed: Vader, ek gee my lewe, my situasie en my toekoms in u bekwame hande oor. U het my smekinge gehoor en U sal ‘n weg maak wat my deur alles sal bring. In die Naam van Jesus. Amen.

Dit is die laaste dagstukkie in hierdie reeks. Vir meer oor "Alive to God" of om die dagstukkies per e-pos te ontvang, besoek gerus: alivetogod.com/subscribe 

Scripture

Day 9

About this Plan

Bemoediging Uit Die Woord

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronklik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

More