YouVersion Logo
Search Icon

Bemoediging Uit Die WoordSample

Bemoediging Uit Die Woord

DAY 2 OF 10

Romeine 15:13

"En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!"

  • Daar is iets so wonderliks daaraan om eenvoudig op God te vertrou. 
  • Terwyl ons op Hom vertrou, verklaar ons dat Hy bereid is en in staat is om ons te help. 
  • Wanneer ons aanhou om op Hom te vertrou, kan ons lewens met vreugde en vrede gevul wees. 
  • Waar vertroue op Hom ons lewensstyl word, kan ons oorloop van hoop.

Gebed: Vader, dankie dat ek my geloof en vertroue in U met kinderlike geloof en verwagting kan plaas. Vul my met vreugde en vrede terwyl ek op U vertrou en mag my lewe met hoop oorloop. In die Naam van Jesus. Amen.

Scripture

Day 1Day 3

About this Plan

Bemoediging Uit Die Woord

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronklik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

More