YouVersion Logo
Search Icon

Bemoediging Uit Die WoordSample

Bemoediging Uit Die Woord

DAY 8 OF 10

Johannes 21:7

"Daarop sê die dissipel — die een vir wie Jesus liefgehad het — aan Petrus: Dit is die Here!"

  • Soms moet ons situasies en omstandighede hanteer wat ons nie verstaan nie. 
  • In die donkerte van ons omstandighede voel ons dalk dat die Here nie teenwoordig is nie. 
  • Maar deur die duisternis en oor die golwe sal sy stem na ons roep. 
  • Dan sal ons herken "DIT IS DIE HERE" en ons hoef niks te vrees nie.

Gebed: Vader, help my om u teenwoordigheid te kan herken en u hand in my omstandighede te sien, selfs wanneer twyfel en vrees my probeer oorweldig. Ek besef dat U met my is, om my te help en om my deur die donkerte te bring. In die Naam van Jesus. Amen.

Scripture

Day 7Day 9

About this Plan

Bemoediging Uit Die Woord

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronklik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

More