God Se Antwoord Op Vrees, Bekommernis En AngsVoorbeeld
Sing deur die Duisternis
"Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenes het na hulle geluister" (Handelinge 16:25).
Die wêreld kyk met groot belangstelling wanneer 'n Christen teëspoed in die gesig staar. Elkeen van ons staar swaarkry in die gesig. Elkeen van ons verloor geliefdes. Elkeen van ons staar siekte in die gesig. Elkeen van ons ondervind struikelblokke en ontbering in die lewe. Wanneer dit met Christene gebeur, kyk ongelowiges of ons geloof opreg is. Dit is die tyd om vir hulle te wys wat Christus selfs in moeilike tye, kan doen.
Handelinge 16 vertel die verhaal van Paulus en Silas wat in die tronk gegooi is omdat hulle die evangelie verkondig het. Hulle rûe is met swepe oopgeruk en teen middernag, in die mees onhigiëniese toestande en in 'n vuil omgewing met hul bene uitmekaar gestrek in boeie wat verskriklike pyn veroorsaak het, het Paulus en Silas 'n aanbiddingsdiens gehou. Die Bybel vertel ons: “Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Skielik kom daar 'n groot aardbewing wat die fondamente van die tronk geskud het. Al die deure van die tronk het onmiddellik oopgegaan, en al die gevangenes se boeie het losgeraak" (Handelinge 25-26).
"Die bewaarder het wakker geskrik, en toe hy die deure van die tronk sien oopstaan, het hy sy swaard uitgetrek om homself om die lewe te bring, want hy het gedink die gevangenes het ontsnap. Maar Paulus het baie hard vir hom geskreeu: 'Moenie jouself doodmaak nie! Ons is nog almal hier'" (Handelinge 27-28).
"Hy het hulle buitekant toe gevat en gevra: "Menere, wat moet ek doen om gered te word?" (Handelinge 30). Paulus en Silas het 'n effek op hom gehad.
Net so is daar mense wat jou nou dophou. Hulle ontwikkel 'n mening oor God op grond van hoe jy lewe. Daar word gesê 'n Christen is 'n sendbrief, geskryf deur God en gelees deur die mens. Jy is die enigste Bybel wat sommige mense ooit sal lees. Hulle sal na jou kyk, en dit kan die verloop van hul lewens bepaal.
Kopiereg © 2017 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Aangaande hierdie leesplan
Hoe kan ons vrees, bekommernis en angs oorkom? Die Bybel het iets hieroor te sê en jy kan oorwinning behaal deur God se waarhede toe te pas. Pastoor Greg Laurie het 18 daaglikse oordenkings geskryf om jou te help om vrees, bekommernis en angs te oorkom. Deel dit gerus met ander wat in hul vertroue met Jesus Christus wil groei. Harvest Ministries en Greg Laurie
More