God Se Antwoord Op Vrees, Bekommernis En AngsVoorbeeld
In die Geheime Plek
"Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet" (Psalm 91:1).
Toe jy 'n kind was, het jy ooit 'n skuilplek gehad, 'n plek waarheen jy sou hardloop as jy bang was of alleen wou wees? God wil jou skuilplek wees. Die goeie nuus is dat waar jy ook al is, jy jou by hierdie skuilplek kan afsonder.
Psalm 91:1 vertel ons: “Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet."
Dit is die moeite werd om daarop te let dat die seëninge wat in hierdie Psalm belowe word, nie net vir enigiemand is nie. Dit word spesifiek aan gelowiges gegee — en nie net gelowiges in die algemeen nie, maar gelowiges wat spesifiek aan die vereistes daarvan voldoen. Psalm 91 is vol voorwaardelike beloftes. God belowe om sekere dinge vir ons te doen, afhangend of ons daardie dinge wat in hierdie Psalm genoem word, ook nakom.
Ons het 'n verhouding met God omdat ons ons geloof in Jesus Christus gestel het en ons ons van sonde weggekeer het. Leef ons egter in voordurende kameraadskap en gemeenskap met God? Dit is so belangrik. Baie mense doen dit nie. Hulle wandel nie koersvas saam met God nie. Tog wil die Here hê dat jy in die skuilplek van die Allerhoogste moet woon.
Hy wil hê jy moet soos Maria wees, wat by die Here se voete gesit het, toe Hy by haar huis in Betanië besoek aflgelê het. Daar is 'n tyd om besig te wees. Daar is 'n tyd om te werk. Daar is ook 'n tyd om te aanbid. Ongelukkig vervang ons soms ons inspirasie met sweet, en aanbidding met werk.
As jy dit doen, is dit net 'n kwessie van tyd voordat jy geestelik uitbrand. Jy kan nie meer uitdeel as wat jy inneem nie. Jy moet in gemeenskap met Hom leef. Jy moet in die skuilplek van die Allerhoogste lewe.
Kopiereg © 2017 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hoe kan ons vrees, bekommernis en angs oorkom? Die Bybel het iets hieroor te sê en jy kan oorwinning behaal deur God se waarhede toe te pas. Pastoor Greg Laurie het 18 daaglikse oordenkings geskryf om jou te help om vrees, bekommernis en angs te oorkom. Deel dit gerus met ander wat in hul vertroue met Jesus Christus wil groei. Harvest Ministries en Greg Laurie
More