God Se Antwoord Op Vrees, Bekommernis En AngsVoorbeeld

God’s Answer To Fear, Worry, And Anxiety

DAG 12 VAN 18

Deur Donker Dieptes

"Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig" (Psalm 23:4).

Het jy al ooit in jou lewe deur 'n donker geestelike diepte gegaan? Miskien was dit 'n tyd toe onverwagte omstandighede skielik op jou toegesak het. Miskien was dit 'n tyd toe dit gelyk het asof selfs God jou verlaat het.

In Psalm 23 praat Dawid oor hoe God by ons is, selfs wanneer ons lewe deur donker dieptes gaan: “Selfs al gaan ek ook deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig" (vers).

Dawid was geen vreemdeling vir onheil en swaarkry nie. Hy was 'n man wat geweet het wat lyding was. Hy het geweet hoe dit was om moeilikhede te trotseer. Hy is soos 'n wilde dier deur die paranoïese koning Saul gejag, selfs nadat hy deur die profeet Samuel as die volgende koning van Israel gesalf is.

Toe Dawid hierdie en ander psalms geskryf het, was hy onder leiding van die Heilige Gees. Hy praat openhartig van sy eie tekortkominge, swakhede en vrae wat hy in die lewe teëgekom het. Psalm 23 vertel van 'n pad van swaarkry, van 'n man wat geweet het dat hy God se hulp nodig het.

Ons sê dalk vir God: “Donker dieptes? Ek hou nie van donker dieptes nie, Here. Ek verkies bergtoppe. Ek hou daarvan as die son skyn en die voëls sing. Ek hou van goeie tye. Ek wil nie wrywing hê nie. Ek wil nie swaarkry hê nie.”

Tog sê die Here: “Sien jy daardie bergtop in die verte? Die pad na daardie bergtop is deur donker dieptes. Kom jy nou saam My deur die donker dieptes.”

Ons almal se lewens gaan deur daardie donker dieptes, daardie moeilike tye. Watter donker dieptes dit ook al is, onthou net: Jy is nie alleen nie. Dit is God se groot belofte aan die gelowige.

Kopiereg © 2017 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou. 
Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

God’s Answer To Fear, Worry, And Anxiety

Hoe kan ons vrees, bekommernis en angs oorkom? Die Bybel het iets hieroor te sê en jy kan oorwinning behaal deur God se waarhede toe te pas. Pastoor Greg Laurie het 18 daaglikse oordenkings geskryf om jou te help om vrees, bekommernis en angs te oorkom. Deel dit gerus met ander wat in hul vertroue met Jesus Christus wil groei. Harvest Ministries en Greg Laurie  

More

Ons wil graag vir Greg Laurie en Harvest Ministries vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.harvest.org/