God Se Antwoord Op Vrees, Bekommernis En AngsVoorbeeld
Sy Beskermende Teenwoordigheid
"Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie" (Psalm 91:7).
Daar is soveel dinge in die lewe waarvoor ons bang kan wees. Ons kan bang wees om op 'n vliegtuig te klim. Ons kan bang wees om 'n motor te bestuur. Ons kan bang wees om dit of dat te doen. Ons kan omtrent oor alles met vrees gevul wees.
Maar in Psalm 91 vind ons hierdie belofte vir gelowiges: "Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie" (Psalm 91:7).
Is dit nie wonderlik om te weet nie? Moenie te gou moed verloor nie. Ons kan in vrymoedigheid voortgaan in die wete dat God in beheer van ons lewens is.
Ek het die verhaal gelees van 'n moedige Christen wat voor 'n koning gestaan het wat wou hê hy moet Christus verloën. Die koning het gedreig: “As jy dit nie doen nie, sal ek jou verban.”
Die Christen het geantwoord, “Jy kan my nie van Christus verban nie, want Hy sê Hy sal my nooit verlaat nie en nooit in die steek laat nie."
Daarop antwoord die koning: “Ek sal op jou eiendom beslag lê.”
Die Christen antwoord egter: “My skatte is in die hoogste hemel; jy kan hulle nie bykom nie.”
“Ek sal jou doodmaak,” sê die koning toe vir hom.
“Ek is al veertig jaar lank dood” het die Christen geantwoord. “Ek is saam met Christus dood; dood vir die wêreld. My lewe is deur Christus in God verborge, en jy kan dit nie aanraak nie.”
Die koning sê toe: "Wat kan jy met so 'n dweepsugtige doen?!"
Mag God vir ons meer Christene gee wat soos hierdie gelowige iets van God se beskerming weet. Daar is egter 'n verskil tussen vertroue in die Here en om die Here te toets. Moenie onnodige kanse met jou lewe waag en verwag dat Hy jou sal verlos nie. Ja, Hy sal ons op al ons weë bewaar — maar ons weë moet ook sy weë wees.
Kopiereg © 2017 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hoe kan ons vrees, bekommernis en angs oorkom? Die Bybel het iets hieroor te sê en jy kan oorwinning behaal deur God se waarhede toe te pas. Pastoor Greg Laurie het 18 daaglikse oordenkings geskryf om jou te help om vrees, bekommernis en angs te oorkom. Deel dit gerus met ander wat in hul vertroue met Jesus Christus wil groei. Harvest Ministries en Greg Laurie
More