God Se Antwoord Op Vrees, Bekommernis En AngsVoorbeeld
Altyd Daar
"Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: 'Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie'" (Hebreërs 13:5).
Ek onthou as jong gelowige die aanvanklike kere toe ek nie God se teenwoordigheid gevoel het nie. Ek het een oggend wakker geword en het net nie meer die wonderlike gevoel van vroeër gehad nie. Omdat ek nuut was in die geloof en nie die Bybel baie goed geken het nie, het ek gedink: “Ek dink God het my gisteraand verlaat. Wat het gebeur?”
Toe ek met 'n Christenvriend daaroor gepraat het, het hy vir my gesê: "Jy gaan deur 'n beproewing."
“Wat? Word ek getoets?”
"Nee, jy gaan deur 'n beproewing."
“Wat is 'n beproewing?”
My vriend het verduidelik daar is tye in ons lewens wanneer ons nie die teenwoordigheid van God voel nie, maar tog is Hy steeds daar. Ek het mettertyd besef dat God ons deur beproewinge neem.
Jy kan byvoorbeeld môre buitentoe stap, en dit is 'n bewolkte dag. Dus sê jy: “Die son was gister hier. Vandag kan ek die son nie sien nie. Ek voel nie die warmte daarvan nie. Ek dink die son moes gisteraand weggegaan het.”
Nee, die son het nie weggegaan nie. Dit word bloot deur wolke verduister. As jy dit nie glo nie, gaan dan strand toe sonder om enige sonskerm aan te smeer. Wanneer jy terugkeer huis toe en soos 'n ryp tamatie lyk, sal jy besef die son was daar.
Sommige mense kom verkeerdelik tot die gevolgtrekking, wanneer hulle God nie voel nie, Hy weg is. Hy het verdwyn. Tog is Hy daar, selfs wanneer jy Hom nie voel nie. Die Bybel bevestig dit vir ons in Hebreërs: "Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: 'Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie'" (Hebreërs 13:5).
Dit is gedurende hierdie tye dat ons in geloof moet wandel, nie op gevoel nie, want God het in sy Woord belowe dat Hy met ons sal wees. Dit is hoe ons weet Hy is daar.
Kopiereg © 2017 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hoe kan ons vrees, bekommernis en angs oorkom? Die Bybel het iets hieroor te sê en jy kan oorwinning behaal deur God se waarhede toe te pas. Pastoor Greg Laurie het 18 daaglikse oordenkings geskryf om jou te help om vrees, bekommernis en angs te oorkom. Deel dit gerus met ander wat in hul vertroue met Jesus Christus wil groei. Harvest Ministries en Greg Laurie
More