God Se Antwoord Op Vrees, Bekommernis En AngsVoorbeeld

God’s Answer To Fear, Worry, And Anxiety

DAG 15 VAN 18

Sy Krag in Jou Swakheid

"Sy antwoord was: 'My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is. Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, dat die krag van Christus my beskutting kan wees'" (2 Korintiërs 12:9).

Ek het nie maklike kinderdae gehad nie. Ek kom uit 'n huis wat oor en oor gebroke was. Vandag kan ek terugkyk op my verlede en in plaas daarvan om daaroor te kla, kan ek sê: "Ek het daardeur gegaan, en nou kan ek ander troos." Dit het 'n hulpmiddel geword om ander te help.

Ek sal natuurlik nie weer daardeur wil gaan nie. Nog minder sal ek wil hê iemand anders moet dit belewe. Ek is egter dankbaar dat God my verlede vandag tot sy eer kan gebruik. Ek is dankbaar dat Hy daardie swaarkry tot sy eer kan gebruik. Hy kan dieselfde vir jou doen.

Miskien gaan jy tans deur moeilike tye en wonder hoekom. God kan dit gebruik. Dis dalk nou moeilik om te glo. Onthou net dat dit nie vir altyd sal aanhou nie.

Soos 1 Petrus 1:6-7 sê: “Verheug, julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus." Beproewinge duur nie vir altyd nie.

Dit herinner my aan 'n bord aan die einde van 'n lughawe-aanloopbaan wat lees: "Hou aan beweeg. As jy stop, is jy in gevaar en ’n gevaar vir diegene wat saamvlieg.”

Jy kan dieselfde stelling op die Christelike lewe toepas. Hou aan beweeg. Moenie moed verloor nie. Moenie hoop laat vaar nie. Jy gaan deur daardie vallei in jou lewe kom. Daar sal selfs 'n groter bergtop aan die anderkant wees, met groot lesse wat jy geleer het toe God sy krag in jou swakheid gedemonstreer het.

Kopiereg © 2017 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

God’s Answer To Fear, Worry, And Anxiety

Hoe kan ons vrees, bekommernis en angs oorkom? Die Bybel het iets hieroor te sê en jy kan oorwinning behaal deur God se waarhede toe te pas. Pastoor Greg Laurie het 18 daaglikse oordenkings geskryf om jou te help om vrees, bekommernis en angs te oorkom. Deel dit gerus met ander wat in hul vertroue met Jesus Christus wil groei. Harvest Ministries en Greg Laurie  

More

Ons wil graag vir Greg Laurie en Harvest Ministries vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.harvest.org/