God Se Antwoord Op Vrees, Bekommernis En AngsVoorbeeld
'n Beter Wêreld wat Voorlê
"Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly" (2 Korinthiërs 4:17).
Diep in ons innerlike is daar 'n gevoel van iets meer in die lewe wat ons dryf. Dit maak nie saak watter ervarings jy gehad het nie, dit maak nie saak hoe wonderlik dit was nie, dit was net 'n blik op wat nog voorlê. Jy verlang regtig na 'n plek waar jy nog nooit was nie, en daardie plek is die hemel. Dit is hoe God jou aanmekaar geweef het.
Die Bybel sê dat God die ewigheid in ons harte geplaas het (sien Prediker 3:11). Dit beteken eenvoudig dat ons 'n innerlike gevoel het dat daar meer in die lewe is. Dit is wat ons vorentoe laat beweeg.
Dit is soos die ingebore instink wat ons in die diereryk sien, soos die salm wat met soveel vasberadenheid stroomop swem. Ons sien dit in die wyse waarop die swaeltjies elke jaar van die suidelike na die noordelike halfrond vlieg. Dit is 'n ingebore instink wat hulle dryf.
Ons het ook so iets, maar dit is 'n ingebore instink na 'n plek wat ons nog nie gesien het nie. Dit is 'n heimwee na die hemel. Tot daardie dag is daar niks wat ons lewens heeltemal sal bevredig nie. Dit maak nie saak wat met ons op aarde gebeur nie, dit is niks in vergelyking met hierdie groot hoop nie.
Die apostel Paulus het geskryf: “Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare is tydelik, maar die onsigbare ewig." (2 Korintiërs 4:17–18).
Dit is die hoop van die Christen — die hoop van 'n plek wat die hemel genoem word. Daar is 'n beter wêreld wat voorlê. Daar is iets groter as wat ons nou ervaar.
Kopiereg © 2017 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Aangaande hierdie leesplan
Hoe kan ons vrees, bekommernis en angs oorkom? Die Bybel het iets hieroor te sê en jy kan oorwinning behaal deur God se waarhede toe te pas. Pastoor Greg Laurie het 18 daaglikse oordenkings geskryf om jou te help om vrees, bekommernis en angs te oorkom. Deel dit gerus met ander wat in hul vertroue met Jesus Christus wil groei. Harvest Ministries en Greg Laurie
More